Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-AMALIA: Coenrad van der Walt en sy vriendin, Linda Thomas is op Oukersdag, 24 Desember 2023, op ’n plaas buite Amalia oorval. 
Van der Walt het op die plaas gewoon en as voorman vir die eienaar van die plaas gewerk. 

Van der Walt en Thomas is oorval, kort nadat hulle teruggekeer het na die plaashuis, nadat hulle inkopies in Schweizer-Reneke gedoen het. Volgens die polisie is Van der Walt geskiet nadat hulle deur verskeie verdagtes in die huis aangeval is. 
Die verdagtes was na bewering met vuurwapens gewapen en het geld gesoek voor hulle, met verskeie skote, koelbloedig vir Van der Walt doodgeskiet het. Volgens inligting is Van der Walt eers in die ribbes en daarna in die kop geskiet. 
Van der Walt se voertuig, kontant, twee selfone en ‘n vuurwapen is gesteel. Thomas het hulp ontbied, nadat die verdagtes op die vlug geslaan het. Nadat die verdagte in Schweizer-Reneke aangekeer is, het verdere ondersoek die polisie gelei na die verdagte se woning, waar sommige van die gesteelde eiendom gevind en beslag op gelê is. Die gesteelde voertuig is ook later verlate in Ipelegeng nedersetting buite Schweizer-Reneke gevind.
 Die polisie in Noordwes het bevestig dat ‘n 52-jarige verdagte op Saterdag, 30 Desember in verband met die moord op Van der Walt in hegtenis geneem is en sou op Dinsdag, 2 Januarie 2024 in Schweizer-Reneke landroshof op aanklagte van moord en huisroof verskyn. Die polisie ondersoek duur voort.