Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-GANYESA: ‘n Deurlopende ondersoek deur ‘n span wat deur die Provinsiale polisie kommissaris van Noordwes gestig is om beweerde vergiftiging van 44 beeste in die Bray-omgewing en die oënskynlike bestaan van ‘n veediefstalsindikaat in die Dr Ruth Segomotsi Mompati-distrik te ondersoek, het op Donderdag, 4 Januarie 2024, ses verdagtes in hegtenis geneem. 

Ockert Goosen het in November 2023, 44 beeste verloor weens vergiftiging op grond wat hy in die Bray-omgewing gehuur het.
 Dit het gebeur na ‘n veediefstalinsident waarby Keobakile ‘Rasta’ Kenosi na bewering betrokke was. Adolph Reyneke was ook ‘n slagoffer nadat sy beeste van twintig koeie, tien kalwers en twee bulle naby Tosca in Desember 2023 vergiftig is. 
Die verdagtes is in Morokweng en Ganyesa in hegtenis geneem vir diefstal, die onwettige besit van ammunisie, die onwettige besit van vuurwapens en opsetlike saakbeskadiging. Tydens die arrestasie het die polisie beslag gelê op ‘n Toyota Hilux Dubbelkajuitbakkie, ammunisie en twee vuurwapens. 
Die onderskeie beweerde misdade is tussen Augustus 2022 en Januarie 2024 gepleeg. Vier van die ses verdagtes staan tereg op ‘n aanklag van diefstal nadat hulle na bewering ‘n Jojo-watertenk ter waarde van R5 500 in Boshoek area tussen 23 en 27 Augustus 2023 gesteel het. Volgens polisiewoordvoerder Sabata Mokgwabone, staan die ander twee verdagtes tereg op afsonderlike aanklagte van die onwettige besit van ammunisie en die onwettige besit van vuurwapens. Hulle is onderskeidelik in Ganyesa en Morokweng gearresteer nadat hulle op Donderdag, 04 Januarie 2024 in besit van ammunisie en ‘n haelgeweer gevind is. Ten tyde van die arrestasie was die polisie op soek na die verdagtes in verband met ‘n saak van opsetlike saakbeskadiging wat na bewering gepleeg is in Boshoek in Augustus 2022. 
Een van die verdagtes, 37 jaar oud, is in hegtenis geneem op drie aanklagte van poging tot moord nadat hy na bewering op 27 Oktober 2023, by die Botsalano-afdeling in die dorpie Morokweng op drie mans geskiet het. Die polisie het tydens die arrestasie beslag gelê op ‘n windbuks, twee selfone en twee voertuie. Berigte dui daarop dat die hierdie verdagte en twee ander mans van onderskeidelik 35 en 39 jaar ‘n privaat sekuriteitsmaatskappy se voertuig doelbewus van agter gestamp en dit met klippe bestook het. Die drie verdagtes het hulle eerste verskyning op 18 Desember 2023 voor die hof gemaak. Die beskuldigdes, Lobelo Setlhabetsi (48), Moses Monchusi (47), 
Karabo Ditlamelo (31), Tshepiso Masite (32), Sarel De Lange (21) en White Basime (42), word almal verbind met ‘n saak van kwaadwillige saakbeskadiging, waarin Keobakile ‘Rasta’ Kenosi ook ‘n beskuldigde is. 
Hulle het almal op Vrydag, 5 Januarie 2024 in die Ganyesa-landdroshof verskyn. Hulle bly almal tot Dinsdag, 9 Januarie 2024 in aanhouding vir ‘n formele borgaansoek. Keobakile ‘Rasta’ Kenosi, wat op R 5000 borg op drie aanklagte van poging tot moord vrygelaat is, maar steeds in aanhouding op ‘n ander aanklag bly, verskyn ook weer op Dinsdag, 9 Januarie in die hof.