Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

STELLALANDER-HARTSWATER: ’n Persoon is in die hoofstraat in Hartswater deur ‘n taxi getref. 
Dié taxi het die persoon voor ‘n ander taxi ingegooi. Die tweede taxi het bo-oor die man gery. Die man is daarna op die toneel oorlede. Die slagoffer het vir ten minste ‘n uur en ‘n half in die straat gelê voordat Patologie van Kimberley af op die toneel opgedaag het. “Dis ‘n baie tragiese situasie. 

 

Ek het gister, vir die soveelste keer, met die verkeersdepartement gepraat oor die talle oortredings in die hoofstraat. Mense hou nie binne die spoedgrens nie en voetgangers hardloop enige plek oor die pad en daar is geen gemerkte voetoorgange in die hoofstraat nie,” sê Davies. Davies noem dat sy weer ‘n beroep op die verkeersdepartement gedoen het om dringend aandag aan die probleem te gee. “Hulle moet ons mense teen spoedvrate beskerm. Ek sal die saak dophou en aanhou opvolg totdat daar opgetree word,” sluit Davies af.