Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *
20
Mon, May

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

deur Christelle Wessels

STELLALANDER-VRYBURG: Twa die tydloper – Anoeschka von Meck
Twa die Tydloper is die nuutste storie uit die pen van die gevierde skrywer, Anoeschka von Meck.

Haar boek, Vaselintjie het nie minder as drie literêre pryse verower nie en Die Heelal op my Tong was ook ‘n dawerende sukses. Met Twa die Tydloper gaan sy wéér lesers bekoor. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg.
Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …Twa die Tydloper, uitgegee deur Penguin Random House, is ’n aangrypende roman wat lesers sal meevoer en hul vars na die wêreld om hul laat kyk.  
Borrel - Kort is in die kol. Indien jy lus is vir lekker lees, maar jou tyd is beperk, kry vir jou die 2023 Woordfees kortverhaalbundel, Borrel. Die bundel is saamgestel uit die top kortverhale wat vir verlede jaar se Toyota US Woordfees ingeskryf is en spog met stories van, onder andere Francois Bloemhof, Anzil Kulsen, Gerda Taljaard en Clinton V. du Plessis. Al is die stories kort, is elkeen ‘n pakkie dinamiet. Om jou Borrel te bekom, besoek https://woordfees.co.za. Indien jy ‘n skrywer is, en jy wil ‘n kortverhaal vir die 2024-kompetisie inskryf, kry sommer ook die inligting by bogenoemde skakel. Jy gaan vinnig aan’t skryf moet kom, want die sluitingsdatum is 1 April.