STELLALANDER-VRYBURG: Prieur Cloete van Vryburg, is ‘n tweede persoon van die distrik wat ‘n rol as akteur in die bekende televisie sepie Diepe Waters losgeslaan het.
Prieur wou al van sy kinderdae af ‘n akteur wees. Hy het selfs al sy eie film begin skryf, waarin hy die hoofkarakter is. Prieur het in 2022 ‘n Film en TV Spel werkswinkel in Stella bygewoon wat deur Flutterby Produksies en akteur Jacques Gombault aangebied is.