STELLALANDER-VRYBURG: It’s an event known by its distinctive purple speedos and bold mission to raise awareness about male cancers.
The annual Hollard Daredevil Run will once again be bringing vital awareness back to hoods and companies across the country when it takes place this year on Friday, 1 November.
Vars nuwe bederf vir troeteldiere
STELLALANDER-VRYBURG: ‘n Splinternuwe Vryburg Vet Shop en Doggy Parlour spog met ‘n magdom produkte vir honde, katte, voëls, visse en vele ander troeteldiere.
Die produkte wat by die Vryburg Vet Shop en Doggy Parlour in Markstraat 228, Vryburg en hulle Vet Shop in Schweizerstraat 61, Schweizer-Reneke beskikbaar is, sluit in kos, kosbakke, klere, beddegoed, medikasie, borsluis en vlooi behandeling, aanvullings en medikasie vir voëls, katte en honde, versorgingsprodukte, bederfies vir katte en honde en vele meer.
Seisoen vir Piet Plessis Vetveeskou breek aan
STELLALANDER - PIET PLESSIS: Vryburg distrik se bekende jaarlikse Vetveeskou seisoen skop af in Piet Plessis op Woensdag, 2 Oktober.
Die Piet Plessis Vetveeskou, wat vir die laaste twee agtereenvolgende jare bekroon is met die Reserwe Nasionale Kampioenskou deur SAFJA (die SA Fatstock Beoordelingsvereniging), vind by die Piet Plessis veilingskrale vanaf 09:00 op 2 Oktober plaas. Inweeg van beeste word reeds op Dinsdag, 1 Oktober gedoen. Piet Plessis Boerevereniging en die gemeenskap van Piet Plessis beloof om weer ‘n spesiale geleentheid vir almal te skep. Die Vetveeskou het vorige jare soveel wenners opgelewer en vanjaar gaan daar niks minder verwag word nie.
Polisielede se geesdrif keer kriminele aan
STELLALANDER - VRYBURG: Twee pensionarisse van Rustenburg, Harry en Rina Von Wielligh, het met behulp van vier polisiebeamptes, hulle onsmaaklike ervaring met kriminele in Vryburg se hoofstraat in ‘n goeie ervaring met die gereg verander.
Harry vertel dat hy en Rina, Sondag, 15 September voor ‘n bekende hoenderwegneemplek in Markstraat gestop het op hulle roete terug na Rustenburg.
Sonpaneelgedrewe motors besoek Vryburg
STELLALANDER-VRYBURG: Tydens die derde dag van die Sasol Solar Challenge, waartydens 11 sonpaneelgedrewe motors in verskillende klasse deelneem, het Sondag, 15 September ‘n besoek aan Vryburg gebring.
Die Sasol Solar Challenge, het Vrydag, 13 September in Secunda afgeskop in die rigting van Sasolburg en Rustenburg en Zeerust en toe koers gekry na Vryburg.