-
Gariep Watch teen afgradering van Benede-Oranje hulpbronklas
GEMSBOK-UPINGTON: Die Departement van Water en Sanitasie se voorstel om die Benede Oranjerivier se waterhulpbronklas af te gradeer is, ten sterkste deur Gariep Watch teengestaan.
Volens die Agtergrondinligtingsdokument (AID) van Mei 2025 en die vergadering van die projek se stuurkomitee (PSC) op 6 Mei 2025 is in die PSC-vergadering gestel dat, as gevolg van toekomstige ontwikkelings-cenario’s, die Ekologiese Volhoubare Basisgeval en Aanbevole Ekologiese Kategorie nie vir die onder-Oranjerivier nagekom kan word nie.
Afwegings is voorgestel, wat sal lei tot tekorte in watervoorsiening vir besproeiing en ekologiese waterbehoeftes in die onder-Oranjerivier.
-
Verdagte in Leerkrantz aanval vasgetrek
GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington SAPD het ‘n 30-jarige manlike verdagte, in verband met die beweerde huisroof wat op 30 April 2025 in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -in hegtenis geneem.
Die verdagte is Maandag 5 Mei 2025 omstreeks 09:00 by sy huis in Leerkrans in hegtenis geneem.
Die polisie het ook items teruggevind wat na bewering tydens die rooftog gesteel is.
Speurders van die Upington SAPS het beves-tig dat hulle ‘n saak van huisroof - wat op Woensdag 30 April 2025 omstreeks 04:00 op ‘n kleinhoewe in Leerkrans, Upington, plaasgevind het -ondersoek.
-
Nalatige afvuur van vuurwapen
GEMSBOK-UPINGTON: Die polisie in Upington ondersoek ‘n saak van beweerde nalatige afvuur van ‘n vuurwapen nadat ‘n 30-jarige manlike konstabel verbonde aan die Upington K9-eenheid ‘n skietwond in die maag opgedoen het.
Daar word geglo dat die voorval op 30 April 2025 omstreeks 23:25 in Louisvale, Upington, plaasgevind het. Die lid was ten tyde van die voorval nie aan diens nie. Die SAPD-lid is tans in die hospitaal om behandeling te ontvang.
Geen vuilspel word in hierdie stadium vermoed nie.
Die ondersoek sal deur die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat uitgevoer word.