-
NK besluit op omkeerplan vir gesondheid
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse premier, dr Zamani Saul, het verlede week met die nuwe LUR van Gesondheid, Nontobeko Daphula, en die nuwe waarnemende departementshoof, DDG Oupa Phiri, vergader.
Gegewe die dringende behoefte om die gehalte van openbare gesondheid in die provinsie te verbeter, het hulle glo ooreengekom op ‘n onmiddellike ingrypingtienpunt-omkeerplan.
Hierdie plan bestaan uit tien ononderhandelbare punte wat die Departement van Gesondheid onmiddellik moet implementeer.
-
Top distrikte en skole bekend gemaak
GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, het verlede week tydens die Noord-Kaapse Provinsiale Matriektoekenningseremonie in Kimberley, waar toppresteerders van die Klas van 2025 vereer is, die provinsie se verbeterde matriekprestasie uitgelig.
Hy het gesê die Noord-Kaap se slaagsyfer het van 66% in 2020 tot 87,79% in 2025 gestyg, wat ‘n verbetering van meer as 21% verteenwoordig.
Volgens Saul was dit die hoogste verbetering nasionaal, met die provinsie wat van negende na sesde plek beweeg en die gaping met toppresterende provinsies vernou.
-
R150 000 se beeste teruggevind
GEMSBOK-KURUMAN: Die vasberadenheid van die Kuruman-veediefstal- en bedreigde spesieseenheid (STESU) het gelei tot die inhegtenisneming van ‘n 43-jarige man, en die herwinning van vermoedelik gesteelde beeste ter waarde van ongeveer R150 000-00.
Op 19 Desember 2025 het die klaer die diefstal van 24 beeste aangemeld wat na bewering tussen 12 en 16 Desember 2025 in die Deerwaard-dorpie in Bothithong plaasgevind het.
Na bewering is die beeste gesteel toe haar eggenoot in die hospitaal in Kimberley oorlede is. Op 6 Januarie 2026 het ondersoeke die span van die Kuruman STESU na ‘n nabygeleë veepos gelei. ‘n Totaal van 9 beeste en 3 kalwers, wat vermoedelik gesteel is, is deur die klaer geïdentifiseer.
Die 43-jarige manlike verdagte kon nie ‘n bevredigende verduideliking vir die besit van die beeste gee nie en is gevolglik in hegtenis geneem.
Hy sal na verwagting binnekort in die hof verskyn.
Enigiemand met inligting oor die voorval kan die ondersoekbeampte, speurdersersant Paseka Bogoto, kontak by 076 521 1676, die misdaad- stopnommer by 0860010111 of alternatiewelik via die MySAPS-app. Alle inligting sal vertroulik behandel word.