Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Carltonians se krieketspan het Saterdag sy ZFM-ligawedstryd teen Keimoes Tigers gewen en het sodoende goed begin in vanjaar se reeks wat tans in volle swang is. 
Carltonians het eerste gekolf en aan die einde van die 20ste boulbeurt 'n stewige telling van 160/9 gehad. 
Justin Assegaai, aanvangskolwer van Carltonians, het met 'n skitter-beurt van 66 (48b, 7x4) die lopies laat vloei. 
Die Pakistaan-gebore Adeel Azam (32, 20b, 2x4, 2x6) het ook bygedra met die kolf. 

Read more … CARLTONIANS SEËVIER TEEN TIGERS

Uppies se direkteur van Krieket, coach Johannes du Plessis, is vir die sesde agtereenvolgende jaar aangewys as Senior Platteland Krieketafrigter.
Die toernooi word van 5 - 8 Februarie in Witrivier, Mpumalanga, gehou.
Die skool is baie trots op hom as dinamiese afrigter.  Coach Johannes, wat op sy dag ook vir die SA Senior Plattelandse span gespeel het, asook ‘n draai by Bumbirds CC in Engeland gemaak het, het ook sy merk as afrigter gemaak by: GW 0/13, GW Senior Platteland, HU (hoofafrigter), GW 0/17 Platteland, SA 0/17 Platteland en OVV 0/13.

 

GEMSBOK-KURUMAN: Die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles het die voorreg gehad om deel te neem aan die tweede uitgawe van die Skole SA20 Fase 2-toernooi in Potchefstroom.
Hulle het die geleentheid gehad om hul openingswedstryd op die JB Marks-stadion te speel. 
Die Eagles het ‘n plek in die halfeindronde misgeloop na verliese teen St Andrews en Rustenburg, maar het ‘n vertrouens versterkende oorwinning teen Trio behaal.

Read more …Eagles vlieg hoog

Die Laerskool Kathu se A'risha King en Kian Louw het gedurende die vakansie die provinsie verteenwoordig by die o. 13 Interpro Tennis toernooi in Bloemfontein. Slegs die top 4 van elke provinsie is bevoorreg om hier deel te neem en hulle ding mee teen die top 4-leerders van ander provinsies
 

UPINGTON – Die eerste tweekampliga van die jaar het die afgelope week in Upington plaasgevind en is met groot sukses deur Hoërskool Upington aangebied. Die liga is onder uitdagende, maar opwindende omstandighede aangebied.
Die dag is gekenmerk deur vuurwarm weerstoestande, met temperature wat bo 40Co gestyg het. Ten spyte hiervan het die atlete hul staal gewys en bewys hoekom Noord-Kaapse sportlui bekend staan as van die taaiste in die land. 

Read more …Eerste Tweekampliga skop vir 2026 af

Hierdie drie leerders van die Hoërskool Upington het Uppies by die SA Skole-tennistoernooi verteenwoordig.

 Bernard Coetzee – o/19
 Rohlandi van der Ryst – o/19
 Juan Bezuidenhout – o/15

Die Eagles het die afgelope week met groot sukses aan die Kovsie Smash 2026 in Bloemfontein deelgeneem. 

Die wedstryd uitslae was as volg :

🦅 wen Hoërskool Goudveld met 6 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Trio met 3 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Overvaal met 5 paaltjies
🦅 wen Potch Volkies ( 2des ) met 5 paaltjies
🦅 wen Hoërskool Pietersburg met 10 paaltjies
🦅 verloor teen Hoërskool Eldoraigne met 68 lopies
🦅 wen Hoërskool Fichardtpark met 8 paaltjies.

Die Kalahari span verloor ongelukkig hul semi-finaal wedstryd teen Eldoraigne en speel uit vir die 3/4 plek teen Hoërskool Fichardtpark. Die Eagles wen hierdie wedstryd gemaklik met 8 paaltjies en eindig die toernooi in die 3de plek uit ñ totaal van 19 skole.  

Twee van  Hoërskool Kalahari se leerders, SJ Everts en Harmony Evans, is gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig as deel van die Presidensiële Span vir Ringkontak Vegkuns! 
Dit is ‘n ongelooflike prestasie en ‘n bewys van hul harde werk, dissipline en toewyding.

Vier lede van die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles-span het die Noord-Kaap o.17-span by die CSA o.17-toernooi in Nelspruit verteenwoordig.
Die Noord-Kaap-span het derde geëindig na oorwinnings teen Mpumalanga, Noordwes en Gauteng Provinsie.
Janko Noeth het die Man van die Wedstryd-pet ontvang na sy vertoning in die wedstryd teen Mpumalanga.
Liam Laing is as Man van die Wedstryd aangewys nadat hy 4 paaltjies vir slegs 4 lopies teen Noordwes Provinsie geneem het.
Aan die einde van die toernooi is Liam Laing as die bouler van die toernooi vir die Noord-Kaap-span en Louhan Noeth as die kolwer van die toernooi vir die Noord-Kaap-span aangewys.

Read more …Kalahari Hoër se krieketspelers blink weer uit

Die karate klub van Change Through Sport sluit hul jaar op `n baie hoë noot af. Twee van sy karatekas vaar so goed in hul gradering soveel so dat Shihan Beukes hulle met `n tweede gordel beloon. 
Wat dit so besonders maak is dat hierdie twee karatekas, ma en seun is. Hulle is Mariëtte Weakley en haar seun Fouche` Die karatekas wat bevorder is tydens die gradering is:

Read more …NGO “Change Through Sport” hou hul laaste gradering van die jaar 2025 en prysuitdeling

GEMSBOK-UPINGTON: Die Interprovinsiale tweekamp wat op 29 November in Kimberley plaasgevind het, het weereens bewys hoekom die sport so vinnig in gewildheid toeneem. Met meer as 230 deelnemers wat van heinde en verre saamgedrom het, was die atmosfeer gelaai met opgewondenheid en mededinging. Atlete van Griekwaland-Wes, Noord-Wes en die Vrystaat het die baan en swembad behoorlik laat gons terwyl hulle vir provinsiale eer meegeding het.
Dit was ’n dag van harde kompetisie waar elke deelnemer diep moes delf om hul beste te wys. In die groter ouderdomsgroepe was die stryd veral intens, met hewige wedlope en indrukwekkende uithouvermoë wat tot die laaste sekonde gehou het. Ten spyte van die sterk teenstand het Griekwaland-Wes as die top provinsie uit die stryd getree – ’n bewys van hul groeiende diepte, toewyding en spanboog.

Read more …INTERPROVINSIALE TWEEKAMP SKOP SEISOEN MET SPANGLANS AF IN KIMBERLEY

Subcategories