Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Die Toyota Extreme driekamp kompetisie is besig om elke jaar te groei en meer deelnemers te lok vanaf buite die Upington gemeenskap en dit is wonderlik om meer en meer deelnemers te sien elke jaar. 
Hierdie jaar bring ons weer die prysgeld vir die wenners van die mans en vroue Extreme kategorie terug as aansporing. 
Die Toyota Extreme 2024 is om die draai en vind hierdie jaar op 26 Oktober 2024 plaas te Oranjerus Oord naby Kanoneiland, langs die magtige waters van die Oranjerivier. 
Die Toyota Extreme is ‘n baie unieke kompetisie wat die deelnemers die kans gun om werklik ons pragtige omgewing en landskap te geniet en hetsy ernstig te kompeteer, of dit meer rustig en ontspanne aan te pak.
 Alle fondse wat ons insamel word net so teruggeploeg in ons gemeenskap en versprei na minderbevoorregte kinders en bejaardes. 

Read more …Toyota Extreme 2024 driekamp kompetisie is om die draai

Die 2024/25 krieketseisoen is in volle swang en die Hoërskool Kalahari se Eagles het reeds ‘n seisoen met vele hoogtepunte.
Kalahari krieketspanne was in die begin van September in Bloemfontein en het kragte gemeet teen Hoërskool Jim Fouche en St Andrews School.
‘n Week later het Grey College se 0/15C en 4de span Kameelboompark besoek vir ‘n naweek propvol opwindende krieket. 
Die Eagles het ook heel paar Premierliga T20 wedstryde gespeel ter voorbereiding vir die Diamantveld T20 toernooi. 
Intussen word die 0/19 JTG/SA20 T20 wedstryde gespeel en hier het die Eagles reeds 8 ligapunte ( volpunte ) na 4 wedstryde. 
Maar die hoogtepunt vir die eerste deel van die seisoen was beslis die Eagles se deelname aan die Diamantveld T20-toernooi. 
Wat ‘n ervaring vir die Kala-krieketseuns wat teen Grey College op die Diamond Oval speel, regstreeks op DSTV 216. 
Grey het ‘n goed gespeelde 195/6 in 20 boulbeurte behaal en Kalahari het geantwoord met 122/8. 
Kalahari het ook op die tweede dag van die toernooi teen Oakdale gespeel en met 8 paaltjies verloor. 
Dag 3, Saterdag 5 Oktober, was ‘n goeie een vir die Kalahari-seuns wat oorwinnings teen HTS Drostdy en die Noord-Kaap Hub behaal het. 
SW van Heerden en Malan Lubbe het welverdiende vyftigtalle aangeteken. 
Die 4de dag van die toernooi het die Arende teen ‘n baie sterk Hoërskool Outeniqua-span gespeel om die 13de en 14de plek van die 18 spanranglys te bepaal. 

Read more …Hoërskool Kalahari krieketseisoen reeds vol hoogtepunte

Trainastics Tuimel Klub Upington het onlangs die Noord-Kaap gaan verteenwoordig  by die South African Gym Games Tumbling Gymnastics 2024 in die Kaap.
Trainastics Tuimel Klub kom huis toe met 2 goud en 5 silwer medaljes!
Die volgende gimnaste se uitslae: 
*Level 4 seuns 11-12jaar* 
Josh Kearney 1ste van 4 gimnaste 
*Level 4 dogters 11-12 jaar*  
Phumano Mohlakoana 7de van 21 gimnaste 

Read more …Gimnaste skitter by SA’s

Upington-swemklub het die afgelope naweek met geweldige entoesiasme by die Flamingo-gala in Kimberley die swemseisoen afgeskop. Met nege swemmers wat deelgeneem het is ons verheug om die uitslae aan te kondig. 
Nieke Engelbrecht het een goud, twee silwer en twee brons verwerf.
Cara Fourie met sewe goud en vier silwer.
Welna Hanekom het haar swemtye verbeter.

Read more …Skitterende Upington swemmers by Flamingo-gala!

Gekombineerde Skool Keimoes se 0/11 Rugby- en Sokkerspan het ‘n gebeurtenisvolle seisoen beleef, met op- en afdraandes wat hulle net sterker gemaak het. Ten spyte van die uitdagings, sien die span met optimisme en vasberadenheid uit na die 2025-seisoen. Onder leiding van hoofafrigter, Z Sulliman, asook assistent-afrigter C Murphy, het die span merkwaardige veerkragtigheid en spanwerk getoon.  Die span bestaan uit:  Agterste ry: Frederico Afrikaner, Haiden Eiman, Earnamio Afrikaner, Owen Afrikaner en Kennedy Oliver. Middel: Farell Gilbert, Rushan Brussel, Rozario Snyers, Tashwill Sikhosana, José Smith, Qwine van Neel en Juhandré Smith Voor: Caden Willemse, Lemar Strauss, C Murphy (assistent-afrigter), I Jay Murphy, mnr D Pretoruis (skoolhoof), Lu Dré van Wyk, Z Sulliman (hoofafrigter), Chadlin Coetzee en mev C Murphy (SGB sportvoorsitter) Afwesig: Anwill van Rooyen, Ethan Van Rooyen, Heinrich February, en Milano. Met hul visier op die 2025-seisoen, is hierdie talentvolle span gereed vir grootsheid. Hul blink toekoms is ‘n bewys van hul harde werk en toewyding.  

Die Keimoes Gekombineerde Skool se onder 8 en 10 ouderdomsgroep rugbymeisiesspan het geskiedenis gemaak - deur een van die eerste meisierugbyspanne ooit in die !Kai Garib-distrik te word! 
Die span, onder leiding van kaptein Mich-Kayler en onderkaptein Akiera Elias, word afgerig deur C Murphy en Z Sulliman. 
Die skoolhoof, D Pretoruis en sbl sports voorsitter C Murphy, het hul trots en ondersteuning vir die span se prestasies uitgespreek. 
Die span bestaan uit: Voor: Cordeylee-Ann Coetzee, Micayla Vries, C Murphy (afrigter), Mich-Kayler (kaptein), D Pretoruis (skoolhoof), Akiera Elias (v-kaptein), Z Sulliman (hoofafrigter) en Leneave Matthys.

Read more …Historiese mylpaal vir Keimoes se rugbymeisiesHistoriese mylpaal vir Keimoes se rugbymeisies

Gary Robertson (regs) slot van die NWK-legends ontvang die bal hier van sy slotmaat Steven Petersen in Saterdag se taai kragmeting met United-legends op die Unieveld.  Die wedstryd was gehou ter nagedagtenis van wyle Pietie Pretorius (Boeta Pikes) en voormalige spelers wat die Swart-en Rooitrui oor hul skouers getrek het. Boeta Pikes was ‘n legende van NWK-en Sarurugby in die 50’s en 60’s. 

GEMSBOK-UPINGTON: Die Upington Saalperdklub het verlede naweek die Noord-Kaap Saalperd Streekskou aangebied waartydens verskeie kampioene aangewys is.
Sestig (60) saalperde van regoor die Noord-Kaap het in 75 klasse deelgeneem.  Die perde het gekom van die volgende stalle:  Ernst Langner van Williston, Annelischa Bakkes van Postmasburg, Jannie Steenkamp van Carnarvon, Wim van Bergen, Wimco Stalle van Douglas, Karen Swanepoel van Douglas, Ki-Hara Stalle van Postmasburg, Kayla King van Upington, Natacha Visser van Douglas, Johan Wiese van Castel Rock Stables in Kimberley, Elize Cloete van Douglas, Elizabeth Meintjies van Doulgas en Chanika Labuschagne van Upington.
Saterdag met die middag-ete breek het Peu Bezuidenhout van Doorndraai Vriesperde ‘n vertoning kom lewer met sy spogperde. Daar is ook hulde gebring aan wyle Michael van der Westhuizen, wie deel was van die klub.
Die “Perd van die Skou” was Gift’s Blue Chip van Wim van Bergen van Douglas.

Verskeie gelukbringers van Upington se skole en organisasies het ook deelgeneem.  Die Hoërskool Upington se Rocky die Tier het die ander gelukbringers in sy stof laat stik. Klitsie Kampus se kleuters spog met die geesbeker vir 2024. 
By hulle is beoordelaars, Len en Elmanda Fourie, asook  organiseerder, Lana vd Westhuizen. “Ons is so dankbaar teenoor al die skole wat deelgeneem het, die plaaslike sakelui en organisasies wat ons ondersteun het, maar veral ook aan die Hoërskool Duineveld vir die beskikbaarstelling van hulle sportveld en geriewe” sê Lana.

GEMSBOK-UPINGTON: Onder leiding van mnr. Raymond Esterhuizen, het Upington Kampus hierdie jaar, hul eerste Landloop-span gestig. Hierdie studente het aan verskeie liga geleenthede in die plaaslike omgewing deelgeneem om hul potensiaal op so ‘n wyse te bevorder. 
Sewe studente het gekwalifiseer om die Noordwes-Kaap Atletiek span te verteenwoordig by Atletiek Suid-Afrika (ASA) se Nasionale Landloop Kampioenskap. Bekende atleet, mnr. Ruben Ramolefi, het onskatbare waarde as afrigter toegevoeg deur hierdie atlete sterk en fiks te kry in aanloop tot die kompetisie. 
Hierdie geleentheid het plaasgevind op Saterdag, 7 September 2024, te Vanderbijlpark in Gauteng.

Meer as 4200 van Suid-Afrika se top landloop atlete het teen mekaar meegeding. Die studente het in hul onderskeie ouderdomskategorieë, ‘n 4km roete aangedurf wat hoogs tegnies was met vele uitdagings. Alhoewel geen medaljes deur ons verower was nie, het die studente die geleentheid gehad om hul eie tye in voltooiing van so ‘n wedloop, te verbeter. 
Dit was vir die kollege se atlete ‘n ongelooflike leerskool en het hul gemotiveer om in komende geleenthede met nog meer toewyding en ervaring, deel te neem. Verskeie personeellede van Upington Kampus was ook amptelik betrokke by die geleentheid. Mnr. Edwin Sago en me. Rachelle Galloway het opgetree as spanbestuurders van die Noordwes-Kaap Atletiekspan en mnr. Shandrey Mienies as tegniese beampte op die baan. 

Mia Fourie van Upington Western Mounted Games, is die eerste Noord Kaap ruiter wat haar nasionale (Protea) klere verwerf as lid van die 
eerste gekose Western Mounted Games Protea Span.

Voorwaar n trotse oomblik vir Mia, haar familie, Upington Western Mounted Games Klub en Noord Kaap Provinsie. Die eerste gekose Western Mounted Games span gaan die week van 23 - 27 September 2024 tydens die Nasionale byeenkoms teen die nasionale spanne van Zimbabwe en  Botswana deelneem. Die Nasionale byeenkoms word weer hierdie jaar by Afridome gehou  waartydens 650 plus ruiter/perd kombinasie van nege provinsies vir die week teen mekaar meeding.

Upington Karate Akademie het tydens hul Nasionale Karate Kampioenskap in Durban baie goed gevaar. Hulle staan vlnr: TJ Malan (brons in Kata & silwer in Kumite), Meagan Malan (2 jaar), Danielle Malan (5 jaar - goud in Kata & goud in Kumite), Eathan Present (goud in Kata), Mzwandile Bacela, Devano 
Bezuidenhoudt, Jamin Titus (brons in  Kumite), Kaylee-Ann Malan (goud in Kata & brons in Kumite), Elijah Titus (brons in Kata), Zachary Olyn (goud in Kata & goud in Kumite), Sensei DT Malan (afrigter), Shaquel van Schalkwyk (goud in Kata & goud in  Kumite), en Luciano Plaaitjies (goud in Kata & brons in Kumite).  Enige belangstellendes kan Sensei Malan skakel by 0636554922 vir meer inligting.

Subcategories