Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaap se jaarlikse streekskou skop af op 26 April 2025 te Upington op die skougronde. Hierdie is ‘n moet vir elkeen wat lief is vir ons geveerde vriende, kom geniet die dag by die skou.
In die verlede was Noord-Kaap se streek-skoue in Kimberley aangebied. Vanaf 2017 is die eerste streekskou in Upington aangebied met ‘n skrale opkoms van 133 duiwe deur slegs 6 plaaslike vertoners. Hierdie skou het gegroei tot 570 sierduiwe wat 47 rasse verteenwoordig deur 37 vir 2025.


Die afgelope klompie jare het ons goeie ondersteuning uit ander streke gekry. Behalwe die gewone streekskou wat verskeie rasse verteenwoordig, plaas hul die jaar die kollig op die swaarras duiwe.
Dit verteenwoordig 9 rasse nl Runts, Gross Mondains, American Giant Homers, American Giant Runts, Strasses, Polish Lynx, Swiss Mondains, Kings en Cauchois. ‘n Top 3 word vir die raswenners vir die senior telers en ‘n Top 2 vir die junior telers aangewys. Alle raswenners in beide die senior en junior groepe neem ook deel aan die streekskou se Top 7 kompetisie vir die seniors en  Top 3 vir die juniors. 
Verlede jaar se Kampioenduif en Reserwe Kampioen op die streekskou, senior afdeling, was ‘n King en ‘n Gazzi modena van Hein Hoffman en Dawie vd Heever onderskeidelik. In die junior afdeling was die Kampioenduif en die Reserwe Kampioen ‘n King en Modeneser van Jaco Kruger en Leendert Snyman jnr onderskeidelik. Daar is groot druk op die telers van die kampioene deur ander telers.
Upington is ver van die ander streke geleë, ons naaste bure is Vrystaat, Bloemfontein, wat 550 km van Upington is! Om vertoners en beoordelaars te trek, verg beplanning en kreatiwiteit!! Jou aanbieding moet so wees dat hulle volgende jaar weer wil kom skou of optree as beoordelaars. 
Behalwe hul borge wat hul help om dit moontlik te maak, het hulle ook ‘n looitjie-projek wat elke jaar ‘n mooi klompie rande inbring. R20 looitjies word verkoop. Met die prysuitdeling trek hul vier nommers tydens die prysuitdeling. Daar is 4 geskenkpakke met die heerlikste produkte daarin, meeste uit ons gebied nl wyn, dadels, rosyne, konfyt, heuning, beskuit, blatjang, speserye en vele meer. 
“Die laaste looitjie is die gesogte ene!! Met ons eerste aanbieding van die skou in Upington, 2017, was ons gelukkige wenner Joey Neethling van Upington.  Ons bied ook ‘n duiweveiling, stilveiling, aan tydens ons skou vanaf 8:00 tot 12:00 Saterdag middag. ‘n Katalogus word vooraf beskikbaar gestel op sosiale media, daar verskyn die reëls en kontaknommers. Indien u sou belandstel om vir jouself of vir die kinders duiwe te koop, hier is jou kans,” het Seppie Esterhuizen gesê.    
Die hoofbeoordelaar is Chris van der Walt van Bloemfontein, twee senior beoordelaars naamlik Chris de Bruin en Wikus van Niekerk en 5 junior beoordelaars naamlik Bertie Wessels, Nardus Marais, Hein Hoffman, Elzaan Hamman en Jannie vd Heever. Hierdie manne en vrou het 570 duiwe om te beoordeel, hulle sal moet werk.  
“Ons nooi die publiek uit om ons skou te kom bywoon. Dit is oop vir die publiek vanaf 9:00 op 26 April 2025, heerlike koffie en tee sal beskikbaar wees,” aldus Seppie.