GEMSBOK-UPINGTON: Wanneer dit kom by verhuisings, veral oor lang afstande of vanuit afgeleë areas, is betroubaarheid en deeglike beplanning van kardinale belang.
Rossouw Removals is ’n gevestigde vervoer- en stoormaatskappy wat professionele dienste lewer aan kliënte regoor Upington, die Noord-Kaap en verder. Die onderneming het ’n besonder persoonlike ontstaan.
Die besigheid is reeds tydens die eienaar, Jako van der Merwe, se matriekjaar by Paarl Gimnasium begin, en het oor tyd organies gegroei tot ’n volwaardige verhuisingsonderneming.
Oranjehof word 60 jaar
GEMSBOK-UPINGTON: ACVV Oranjehof Tehuis vir bejaardes het hul 60ste jaar met ‘n behoorlike “Sixties Party” gevier.
Inwoners van die tehuis, die matrone en al die hulp-personeel, het hul behoorlik uitgevat volgens die tema.
Tannie Rina Liebenberg, vorige voorsitter van die ACVV op Upington, het die oggend begin met ‘n oorsig van die tehuis. Sy het genoem dat die ACVV in 1964 die eerste 20 wooneenhede geopen het. Toe was die outehuis nog in aanbou. In Desember 1965 is die outehuis geopen. Sy onthou dat om ‘n woonstel te huur toe R10 p/maand was; die melkrekening van R36 p/maand; vleisrekening R80 p/maand en die broodrekening R15 p/maand.
Help só vir JP
Omgee beteken om vriendelik en besorg te wees oor ander se welstand, om ‘n gevoel van versorging te koester en te wys dat jy aandag gee deur dade soos vrae vra en luister, of praktiese hulp aan te bied, soos om jou hand vas te hou, want jy het daardie persoon lief en sal nie wil hê hulle moet ly nie
GEMSBOK-UPINGTON: En dit is presies wat verskeie mense in Upington doen nadat die 16-jarige JP Jansen van Rensburg se lewe verlede jaar onherroeplik verander het na ‘n grusame motorongeluk.
As gevolg van die ongeluk is JP verlam. ‘n Jong seun met drome, planne en ‘n toekoms, wat nou elke dag ‘n stryd voer, nie net fisies nie, maar ook emosioneel.
Lur Mase Manopole verwelkom 2026 verpligte gemeenskapsdiens veeartse
GEMSBOK-UPINGTON: Sewe pas gegradueerde veeartse het ‘n 12-maande dienstydperk begin wat toegewy is aan die versterking van dieregesondheidsdienste en die ondersteuning van die Noord-Kaap se noodsaaklike landbousektor.
Die LUR, Mase Manopole, het die 2026-groep van Verpligte Gemeenskapsdiens (GGD) veeartse amptelik ingehuldig.
Polisielede help só om ‘n straatkind te ruste te lê
GEMSBOK-UPINGTON: Sers Daniella Modisaotsile is nie net ‘n polisievrou wat elke dag die normale polisiewerk doen nie, sy loop ook die ekstra myl in die samelewing.
Sy en haar man, sers. GE Modisaotsile, sers Wally Crause en kapt Billyboy van Wyk kry gereeld te doen met die wel en weë van straatkinders op Upington.
Sy staan dan ook bekend as “moeder” omdat sy nie net raas nie, maar ook omdat sy haar bemoei met die “kinders”.
Dis dan ook hoekom Danwill Barends ook bekend as Pantosie, hom tot haar gewend het toe sy broer Elrico Barends, wie bekend was as Gons, begrawe moes word.
Gons (Frans Barends) is op 22 November tydens ‘n tref en trap ongeluk op die Oranjerivierbrug (N10) oorlede.
Uroloog gaan Upington nou gereeld besoek
GEMSBOK-UPINGTON: Kalahari Day Theatres verwelkom met groot waar-
dering dr Mohammed “Mo” Kolia, ’n gerespekteerde uroloog wat in Upington sal konsulteer om pasiënte met urologiese behoeftes te ondersteun.
Sy aanstelling versterk toegang tot gespesialiseerde sorg in die streek en verminder die behoefte aan langafstandreise vir ondersoeke, prosedures en opvolg.
Dr Kolia is in die KwaZulu-Natalse Middellande gebore en getoë. Ná matriek in 1994 het hy sy MBChB aan die Universiteit van Pretoria voltooi, gevolg deur sy internskap by Addington Hospitaal en gemeenskapsdiens by RK Khan Hospitaal. Hy is verder opgelei as registrateur in algemene chirurgie en het later, van 2006 tot 2009, as konsultant in algemene chirurgie by Gordonia Hospitaal in Upington gedien. Hy het ook in die trauma-eenheid by Groote Schuur Hospitaal gewerk.
Nuwe tydelike noodeenheid vir Kuruman
GEMSBOK-KURUMAN: Waarnemende LUR vir Gesondheid, mev. Mase Manopole, het onlangs ‘n tydelike modulêre eenheid vir ongevalle en noodgevalle (O&O) met 8 beddens by die Kuruman-distrikshospitaal, wat onmiddellike uitbreiding van noodsorg bied terwyl die regering ‘n permanente O&O-fasiliteit met 45 beddens versnel, amptelik geopen.
Die waarnemende LUR is vergesel deur die burgemeester van die Ga-Segonyana-plaaslike munisipaliteit, raadslid Neo Masegela, asook die uitvoerende burgemeester van die John Taolo Gaetsewe-distriksmunisipaliteit, raadslid Queen Mogatle-Thoane.
Herman Lensing gaan goud met gesogte internasionale boekpryse
Die Suid-Afrikaanse kosskrywer Herman Lensing (38) het met dubbel-goud by die jaarlikse Gourmand Wêreld-kookboektoekennings weggestap, toe twee van sy boeke toppryse as die beste ter wêreld ingepalm het.
Sy splinternuwe tiende kookboek wat so pas verskyn het, Herman se tafel (Penguin Randomhouse), is as die beste kookboek van 2025 aangewys toe dit as die oorhoofse wenner in die Glanssjef Wêreld-afdeling aangewys is.
Die Gourmand-toekennings, wat as die Oscars van die koswêreld beskryf word, is oop vir alle tale en daar is inskrywings vanuit meer as 200 lande en streke.
Boonop is dit vanjaar die toekennings se 30ste bestaansjaar. Om dit te vier, was daar spesiale pryse vir die beste kookboeke wat die afgelope drie dekades die lig gesien het en was Herman se topverkoper, Air-Fryer: Herman’s top 100 recipes (Jonathan Ball Publishers), die glanssjefboek-wenner.
Sy laaste wens is toe vervul
GEMSBOK-UPINGTON: Sy laaste wens was dat sy familie hom by sy broers in Upington ter ruste moet lê. Dit was toe uit respek en eerbied aan hom toegestaan.
Robin Franklin Zealand het sag heengegaan op Vrydag 5 Desember in sy huis in Kuilsrivier naby Kaapstad ná ‘n kort siekbed, omring deur sy familie, het sy vrou Deborah (67 jr) , aan ons meegedeel. Robin was 71 jaar oud.
Hy was ‘n oud-inwoner van Upington wat in die tagtigerjare met sy gesin na Kaapstad verhuis het. Robin is op 5 November 1954 in Matroosfontein naby Kaapstad gebore uit ‘n gesin van ses broers en vier dogters van wyle Lesley en Gertrude Zealand.
Kersfees en die Feesseisoen is ‘n gesamentlike ervaring
GEMSBOK-UPINGTON: In Upington en omgewing kom die ware betekenis van die feesseisoen en Kersfees na vore in die jaarlikse tradisie om verskeie kerke se Kerssangdiens te ondersteun en te besoek.
Elkeen is uniek en word gekenmerk deur die ongelooflike hoeveelheid passie en liefde wat lidmate en plaaslike inwoners daarin sit.
Die spesiale atmosfeer lê in hierdie gesamentlike ervaring—om van kerk tot kerk, die verskillende interpretasies te beleef, en die warmte van die Here se teenwoordigheid te ervaar, terwyl inwo- ners die geboorte van Christus saam vier. Dit is hierdie eenvoudige, gedeelde oomblikke wat Upington so besonders maak.
Tannie Martie Lombaard vier ‘n Eeu van lewe – 100 Jaar jonk
GEMSBOK-OLIFANTSHOEK: Tannie Martie Lombaard, ‘n geliefde inwoner van ons gemeenskap en in Bergenrus Ouetehuis op Olifantshoek, vier haar 100 jaar op 15 Desember 2025.
‘n Mylpaal wat vir min mense gegun word en nog minder met so ‘n helder gees en warm hart.
Sy is gebore op 15 Des 1925 as ‘n nooi Viviers. Sy is gebore op die Plaas Vlakwater Olifantshoek. Sy matrikuleer aan die Hoërskool Olifantshoek. Sy wou graag ‘n Soldoedie word, maar het teenkanting gekry, want in daai jare was dit nie betaamlik vir ‘n dame om Weermag toe te gaan nie.
Hy is nou ‘n biskop
GEMSBOK-UPINGTON: Martin Petrus, wie ons leer ken het as die man wat Paastyd die kruis tussen Keimoes en Upington gedra het, is verlede week as biskop ingeseën.
Pastoor Jacobus Martin Petrus is deur dr. H Cook ingeseën en toegewy as biskop tydens ‘n besondere erediens.
Aartsbiskop Malgas het die woord van God kragtig bevestig. Pastoor Mambagha en pastoor Dundee het biskop Petrus bemoedig met hul boodskappe.
Broer Cicel het ook ‘n boodskap gebring en die gemeente in samesang gelei.








