Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON: Augustus is bekend vir sy wind. Soms is sy stofstorms vir ons te veel, maar net totdat ons onthou dat dit ‘n nuwe seisoen inlei wat alles uit hulle winterslaap moet skud sodat daar nuwe vrug kan kom. 
En saam met 2024 se Augustuswind het Daniel van Niekerk op Upington aangewaai gekom vir ‘n nuwe seisoen in sy eie lewe, asook vir die mense van ons dorp en omgewing.
Verby is die dae dat haarsalonne die plek was waar kliënte die skindernuus van die dorp kom optel het. Mense het eenvoudig net nie meer tyd om onnodig lank te sit nie. Hulle wil vinnig en flink weggehelp word deur kundige haarstiliste wat in hulle behoeftes voorsien en hulle soms kan motiveer om iets nuuts te waag met hulle voorkoms. 

Read more …“We style by Daniel”

GEMSBOK-UPINGTON: Die natuur is net so deel van ons erfenis, soos die taal wat ons praat en die kultuur waaraan ons behoort,  daarom het Afriforum Upington en die Gemsbok hande gevat met die Departement van Waterwese en Bosbou - om ‘n skenking van bome aan verskeie informele behuisingsgebiede se gemeenskapstuine te maak.
Die neiging om gemeenskapstuine te plant, waar daar eens hope rommel aan die rand van die “plakkerskampe” langs die spoorlyn op Upington was, het sowat drie jaar gelede begin toe lede van die gemeenskappe die  ‘Hou ons dorp skoon’ en ‘ons sal ‘self’ inisiatiewe wat deur Afriforum in die gemeenskap begin is, raakgesien en besluit het om trots in hul gemeenskap terug te neem deur dit self te doen.

Read more …Só ploeg ons terug


Nadat ‘n slinkse kansvatter verlede week by een van die Gemsbok-perso-neel se voertuie ingebreek het, het hierdie groep lede van die Upingtonse SAPD se deeglike en blitsvinnige optrede - nie net die oortreder agter tralies gesien nie, maar ook die gesteelde goedere aan die eienaar terug besorg.
Kst CD Niewenhuizen,  sersante GE Modisaotsile, DC Modisaotsile en W Crause het inligting opgevolg, binne 24 uur na die voorval is die nodige ondersoek gedoen en die boosdoener is vasgetrek. Hy sal binnekort in die hof verskyn op aanklag van diefstal vanuit motorvoertuig.

GEMSBOK-UPINGTON: Op 31 Augustus het die nuwe eienaars van die PNA in die Kalahari Mall, Louis en Erika Fourie, ‘n pretdag vir hulle kliënte gehou. 
Ondersteun deur hulle dogter en skoonseun, Mariëtte en Jaco Mortlock wat die bestuur van die winkel gaan behartig, was daar hope pret vir jonk en oud. 
Ten spyte van ‘n geweldige wind wat gewaai het, was daar inkleur kompetisies vir kinders, OFM se buite ateljee (wat net-net staande gebly het) met Ashmund Martin as omroeper, gratis springmielies asook hope pryse wat gewen is deur kliënte. 
Vanaf “goodie bags” tot drukkers is gewen en ‘n gewilde prys was die Pilot koffiebekers wat gevul was met ongeveer R140 se skryfbehoeftes. Louis en Erika bedank al hulle verskaffers, kliënte en personeel wat die dag ‘n groot sukses gemaak het. 
Die publiek is welkom om vir Jaco of Mariëtte te kontak per epos by This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of die winkel kan geskakel word by 054-8800057 of stuur ‘n epos aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

Bejaardes uit verskillende dienssentrums in die omgewing het onlangs ‘n toer na die Weskus onderneem.  Was dit nou 'n belewenis vir hulle, die reis het begin vanaf Upington via Springbok, Citrusdal, Velddrif, Laaiplek, St Helenabaai, die Weskus Nasionale Park, Vredenburg, Paternoster, Stompneusbaai, Langebaan en Saldanha. 
Almal het hul gate uit geniet en plekke gesien waar hul nog nooit was nie.  Die organiseerders van die toer bedank allle  borge vir hul bydrae, sonder hulle sou hierdie toer nie moontlik gewees het nie. 

GEMSBOK-UPINGTON: ’n Inspirerende biografie oor die uitdagings wat die laaste Nluu-spreker en -onderwyser, Ouma Katrina Esau, tydens haar kinderjare ervaar het in die stryd om haar moedertaal te bewaar, word pragtig geïllustreer in ‘n kinderboek, Golden Girl, geskryf deur Lorato Trok.
Trok, wat meer as 20 jaar ondervinding in kinderliteratuur het en van Kuruman afkomstig is, het gesê sy was nog altyd gefassineer met Esau se lewensverhaal.
Ouma Katrina het grootgeword tydens ‘n tyd van onderdrukking. 
Sy en haar gesin het op ‘n plaas grootgeword, waar hulle verbied is om Nluu te praat. 
Alhoewel hulle gedwing is om Afrikaans te praat, het Ouma Katrina Nluu in die geheim met haar ouers gepraat.”

Read more …Nuwe kinderboek oor die lewe van die laaste Nluu-spreker

GEMSBOK-KURUMAN: AfriForum se Kuruman-tak het die afgelope twee weke die eerste vier LPR-kameras in die dorp opgerig sodat booswigte nóg vinniger in hul spore gestuit kan word. Hierdie kameras herken nommerplate met behulp van kruisverwysings na plaaslike en internasionale databasisse. 
Werner Strauss, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Noord-Kaap, sê die kameras is strategies opgerig sodat dit ’n wakende oog oor die N14 in die rigting van Vryburg en Kathu kan hou, asook die R31 in die rigting van Hotazel en Daniëlskuil.

Read more …Vier kameras hou nou wakende oog oor Kuruman

GEMSBOK-SPRINGBOK: Die eerste Woestyn Botaniese Tuin in Suid-Afrika, is verlede week in die  |Ai|Ais/Richtersveld Oorgrenspark geopen.. 
Hierdie tuin, wat die Richtersveld Inheemse Kwekery insluit, verteenwoordig die inheemse flora van Suid-Afrika se Woestynbioom en is by Sendelingsdrift gesetel.  Dit sal oop wees vir die publiek as deel van die toeriste aktiwiteite  van die park.
Dit is die eerste en enigste botaniese tuin wat die woestynflora binne die Woestynbioom van Suid-Afrika verteenwoordig.
Die tuin is die droom van die park se inwonende plantkundige, mnr Pieter van Wyk, om die natuur vir ons toekomstige geslag te bewaar.

Read more …Richtersveld Woestyn Botaniese tuin geopen

GEMSBOK-KIMBERLEY: Tydens Agri NK se 45ste jaarkongres wat onlangs in Kimberley gehou is, het Willem Symington in sy presidentsrede gesê, landbouproduksie loop ’n fyn lyn en dit raak al hoe moeiliker om te boer.
Produksie word nie net deur uiterste klimaatstoestande geraak nie. Ander faktore  wat die winsgrens op landbouproduksie laat krimp, veroorsaak dat produsente daagliks groter risiko’s in die gesig moet staar. 
Sy mening is ook dat landbou produ-sente nie meer na waarde geag word in die samelewing nie en as die landbouers nie self gaan begin bou aan ’n positiewe beeld nie gaan dit ’n invloed op die landbou sekuriteit hê.
Hy het egter ook bygevoeg dat die landbougemeenskap van SA bekend is daarvoor om weer op te staan elke keer as hulle ’n terugslag gehad het.

Read more …Agri NK hou 45ste Kongres

GEMSBOK-ORANJEVALLEI: Dames van die Oranjevallei VLV-tak het onlangs aan die VLVK-kongres in Bellville gaan deelneem. 
Oranjevallei het geskitter met ‘n 2de,  4de en 5de plek in die Hand-vlyt kompetisie afdeling, “ Shabby chic memory book “.  2de Nerina Brown 
4de Mieke Bezuidenhout 
5de Lynette Gagiano 
Oranjevallei was ook die eerste tak  met die meeste punte in Kunste en Handvlyt by die kongres. Oranjevallei het die Judy Kotze Trofee gewen vir meeste punte in Kunste en Handvlyt.  Dié VLV-tak  het nege van die 12 artikels uit die sirkel  NWK ingeskryf .

GEMSBOK-KEIMOES: Keimoes se bekende waterwiel in die kanaal langs die hoofstraat het byna ’n gedaanteverwisseling ondergaan nadat die plaaslike AfriForum-tak  ingegryp het. 
Die waterwiel is een van dié Noord-Kaapse dorpie se grootste besienswaardighede.
Die !Kai !Garib Plaaslike Munisipaliteit kom nie hul pligte ten opsigte van dienslewering na nie en dit bring geweldige verval in Keimoes mee. 
Die AfriForum-tak het die area om die kanaal skoongemaak en eindelik ses vragte vullis weggery. 
Kobus Pool, ’n lid van die Keimoes-buurtwag, en vyf werkers het die bome en palmbome se dooie en slordige takke gesnoei, gras gesny en ook die gras uitgehaal wat oor die plaveisel groei. 
 Van die plaveiselstene is verwyder en weer reg ingesit vir ’n gladde loopvlak.

Read more …Keimoes-waterwiel: Van seeroog na spogplek

GEMSBOK-UPINGTON: Verlede week het Tshahitsi Lodge en Kalahari Lifestyle Lodge op Upington hul 5-ster gradering ontvang. Dit is die hoogste gradering in Suid-Afrika vir die formele, informele akkommodasie en konferensie industrie. 
Sebastiaan Mapanka, ‘n geakrediteerde assessor vir die Toerisme Graderingsraad van Suid-Afrika, het die oorhandiging aan mnr Jean Lambrechts waargeneem. Jean is die eienaar van die NC Famous Lodges groep, waarvan Tshahitsi Lodge en Kalahari Lifestyle Lodge deel is.
Wat hierdie gradering ook besonders maak, is dat dit saamval met Toerismemaand (September) wat ook die week deur minister Patricia de Lille in Kimberley bekendgestel is.
Dis nog nie die einde nie - Red Ox het ook ‘n 5-ster gradering gekry wat later in September oorhandig sal word. Dan is die Toerisme Graderingsraad ook besig om Letsatsi te gradeer. Mnr. Lambrechts sê as Letsatsi ook ‘n 5-ster kry, dan het die NC Famous Lodges groep, die meeste 5-ster statusse in  die Noord- en Wes-Kaap, dis nou vir lodges in privaat besit in Suid-Afrika.

Read more …Tshahitsi Lodge en Kalahari Lifestyle Lodge ontvang met trots hul 5-ster gradering