GEMSBOK-UPINGTON: Ten spyte van die positiewe aspekte van Suid-Afrika se alternatiewe energie-oplewing vir huishoudings en Eskom se gespanne infrastruktuur, word diegene wat sonkragstelsels geïnstalleer het steeds deur die kragvoorsiener gestraf.
Luidens ‘n MyBroadband-verslag het Eskom Suid-Afrikaanse huiseienaars, met son-kragstelsels op die dak, gewaarsku dat alle roostergebonde son-kragopstellings - wat nie by die nutsdiens geregistreer is nie, nou as “onwettig” beskou word.
Dit geld selfs vir stelsels wat nie elektrisiteit na die netwerk terugstuur nie.
Baie mense het hulle tot sonkrag gewend om hul elektrisiteits-rekeninge te verlaag en hul afhanklikheid van Eskom te verminder, maar hierdie nuwe standpunt het frustrasie en verwarring veroorsaak. Eskom beywer hom terselfdertyd vir groot tariefverhogings, wat elektrisiteitskoste vir sommige gebruikers met soveel as 321% kan verhoog.
Besoek aan die Wingerd- akademie en modelplaas
GEMSBOK-KAKAMAS: LUR Abraham Vosloo het verlede week met die Bestuur van die Vine Academy en Model Farm in Kakamas vergader.
Die LUR is vergesel deur die burgemeester en raad van Kai !Garib Munisipaliteit, asook die skoolbestuur van die Hoërskool Martin Oosthuizen.
Die doel van die besoek was om potensiële areas van samewerking op die gebied van onderwys en volhoubare landbou-ontwikkeling te bespreek.
Die Vine Academy is ‘n progressiewe opvoedkundige instelling wat daaraan toegewy is, om jong verstand te koester en hulle vir die toekoms voor te berei.
Groot planne vir die Upington Landbou Expo 29 - 31 Mei
GEMSBOK-UPINGTON: Die Expo-bestuur, onder leiding van die nuwe president, Henco Burger, is al volstoom aan die gang om vanjaar se Landbou Expo te beplan wat vanaf 29 tot 31 Mei aangebied word.
Heelwat nuwe planne is op die tafel om ‘n skou vir almal te beplan. 2025 se skoukomitee sien uit na hierdie uitdaging. Die terreinbestuur-der en sy span is ook besig op die terrein met opknappingswerk.
Die hoofverhoog gaan effens skuif om plek te maak vir ‘n tydelike perdebaan, OWK Kuiertent en ander uitstallers.
NK moet groeibelemmering in kinders aanspreek
GEMSBOK-UPINGTON: Rolspelers het onlangs gevra dat die Noord-Kaapse premier, dr. Zamani Saul, dringend ‘n opname te laat doen - oor kinders se groei belemmering (verdwerging), waaraan 216 000 Noord-Kaapse kinders kan ly.
Hierdie opname en studie is dringend nodig om die unieke onderliggende drywers van ‘verdwerging’ in die provinsie te identifiseer, insluitend faktore soos voedselonsekerheid, onvoldoende sanitasie en leemtes in moeder- en kindergesondheidsdienste. Voordat die presiese oorsake bekend is, kan die provinsie dit nie behoorlik aanspreek nie.
Daar word geglo dat vir die 216 000 Noord-Kaapse kinders van hul volle fisiese groeipotensiaal en hul geestelike ontwikkeling “uitgehonger word” ‘n ernstige onreg is.
Volgens die 2016 Suid-Afrikaanse Demografiese en Gesondheidsopname word 135 van elke kind in Suid-Afrika - wat aan ernstige akute wanvoeding (SAM) ly, deur verdwerging geraak.
16 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs in die Noord-Kaap
GEMSBOK-UPINGTON: Die LUR vir COGHSTA en Vervoer, Veiligheid en Skakeling, in die Noord-Kaap, mnr. Bentley Vass, het verlede week altesaam 16 nuwe provinsiale verkeersinspekteurs, wie aangestel is om padverkeerswetstoepassing in die Noord-Kaap te versterk, verwelkom.
Dit het gevolg op ‘n besluit deur die provinsiale regering om ‘n totaal van 50 verkeersleerlinge in 2024 te werf.
Hierdie leerlinge is by die Matjhabeng Verkeersopleidingsakademie in Welkom, Vrystaat, ingeskryf om opgelei, gradueer en slaag- uit vir die Sertifikaat in Padverkeerswetstoepassing (NKR Vlak 4).
LUR Bentley Vass, LUR, Bentley Vass, het die verwelkomingseremonie in Kimberley toegespreek en die nuwe groep provinsiale verkeers-inspekteurs gelukgewens wat die kwalifikasie, wat ‘n totaal van twintig eenheidstandaarde behels het, suksesvol voltooi het en hulle aangemoedig om hard te werk en voorbeeldige professionele persone te wees.
He beats the Odds: Gerchand Cloete’s inspirational journey
GEMSBOK-UPINGTON: Gerchand Cloete, a determined and resilient individual from Upington, has achieved what many deemed impossible. Despite facing numerous challenges and breaking a generational curse in his family, Gerchand has earned his degree in TVET Teaching as a lecturer from Stadio University's School of Education.
This remarkable feat comes on the heels of his previous achievement, graduating with a Business Management Diploma in 2023. Gerchand's perseverance and unwavering dedication to his goals serve as a shining example to his community and beyond.
However, Gerchand's journey to success was not without its obstacles. Despite his hard work and determination, he now faces a new challenge: attending his second graduation ceremony in Gauteng. The costs associated with transportation, accommodation, and other expenses have created a significant barrier for Gerchand.
Oud-Upingtonner se boek nou op RSG
GEMSBOK-UPINGTON: Die digter en bekroonde jeugverhaalskrywer, Betsie van Niekerk, se nuutste roman, ...so ook op die aarde, word vanaf Donderdag, 16 Januarie om kwart voor elf op RSG se oggendprogram voorgelees.
Betsie het vir 34 jaar op Upington gewoon waar sy skoolgehou het by Hoërskool Duineveld. Sy woon tans in Malmesbury.
Die Noord-Kapenaar, bekende akteur en storieverteller, Johny Klein en Lizelle Pike is die voorlesers.
Luisteraars kan daarna uitsien om in hierdie toeganklike en aangrypende storie die hart van die Kalahari en sy mense raak te hoor - sy veldplante, sy unieke taalgebruik en onvergeetlike karakters.
Eens goeie wingerde nou in verwaarlosing
Geagte Redakteur
Net buite Keimoes op die Upington pad is baie groot wingerd aangeplant om voorheen benadeelde boere te bemagtig.
Die probleem voorhande is dat die wingerde wat goed gegroei en volledig opgelei is, besig is om van dors te vrek.
Nagenoeg R55 miljoen is blykbaar met verwagtinge aan die projek spandeer.
Omdat belastingeld betrokke is, sal dit waardeer word as iemand asseblief uitsluitsel gee waarom toegelaat word dat honderde hektaar wingerde wat vir n goeie doel geplant is, nou van dors moet vrek. Dis vreeslik om te aanskou.
Gerugte doen die rondte dat die waterbelasing nie betaal word nie, dus is die water afgesny.
Upingtonners dans in Disney teater
GEMSBOK-UPINGTON: Dertien Upington dansers het aan die beroemde Disney World Christmas parade deelgeneem, saam met Disney se ikoniese vlotte opgetree en duisende besoekers bekoor.
Dit was 'n surrea-listiese oomblik vir beide die dansers en hul afrigter, Lou-Marié Bruwer, die eienaar van DANCE DE LOU International Dance Academy. "Om my dansers in so 'n wêreldbekende geleentheid te sien optree, was ongelooflik emosioneel," het Lou-Marié gesê. "Dit was 'n droom wat waar geword het om ons harde werk op 'n platvorm so groot soos Disney World te sien."
Met hulle vertoning in een van Disney se teaters, Theatre of the Wild, was dit vir Lou-Marié 'n monumentale oomblik in haar loopbaan: "Om te sien hoe my choreografie lewendig word op een van die bekendste internasionale verhoë in die VSA, was 'n ervaring wat ek nooit sal vergeet nie," het sy gedeel. "Dit was 'n eer om my visie na die verhoog te bring, veral by hierdie wêreldwye venue."
Nuwe winkelsentrum kom na SA se ‘rykste’ area – in die middel van die woestyn
GEMSBOK-KURUMAN: Die Segonyana Mall sal in November 2025 in Kuruman, Noord-Kaap, oopmaak.
Die nuwe winkelsentrum word deur die Moolmam-groep ontwikkel en gaan ‘n veilige inkopie-ervaring na die hartjie van die bedrywige Kuruman bring.
Die winkelsentrum het amptelik op Maandag, 2 Desember grond gebreek, wat die aanvang van konstruksie merk.
Hierdie mylpaal volg op jare se beplanning en veelvuldige vertra-gings, wat die begin van ‘n opwindende nuwe hoofstuk vir die gemeenskap aandui.
“Die nuwe winkelsentrum sal in die groeiende behoeftes van inwoners voorsien met ‘n opwindende mengsel van diverse kleinhandelaars. Benewens die ankerhuurders Shoprite en Boxer, kan kopers uitsien na grootname handelsmerke soos Sheet Street, Home Choice, Total Sports en Sportscene,” het die Moolman Group gesê.
“Noodsaaklike diens-te soos Capitec Bank en Arrie Nel Apteek sal gerief vir almal verseker, terwyl gewilde modehandelsmerke soos Mr Price, Pep, Markhams en Choice Clothing styl nader aan die huis bring. Roots Butchery en Boxer Liquor is ingesluit in die reeks van 34 winkels.”
Ariëde Streek stap weg met vele pryse by Kudu-toekennings
18de SANParke Kudu-toekennings
GEMSBOK-UPINGTON: SANParke se Ariëde Streek het tydens die jaarlikse Kudu-toekennings wat op 28 November by die gesogte Gallagher Estate in Johannesburg aangebied is, weggestap met vele toekennings.
Bewustheid van bewaringskwessies is van kardinale belang en om ons nasionale parke beter te beskerm, moet ons saamwerk om oplossings te vind vir uitdagings soos stropery, klimaatsverandering en om die publiek op te voed en in te lig.
Die geleentheid het bewaringsswaargewigte saamgevoeg om diegene te vier wat die ekstra myl gestap het om ons land se biodiversiteit te beskerm en te bewaar.
ZFM skitter by SAPD Afdelings se Uitnemendheid Toekennings
Lede van Upington-grenspolisiëring in die ZF Mgcawu-distrik het onlangs met gesogte toekennings weggestap by die SAPD Afdeling Uitnemendheid Toekennings in Pretoria.
Kaptein B Gilbert is aangewys as Vrou van die Jaar en adjudant offisier AN Lesch as Man van die Jaar.
Hulle is ook as Beste Vispol-span van die Jaar aangewys.
Noord-Kaapse provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola het die lede gelukgewens met hul uitstaande prestasie en erkenning vir hul uitnemende diens en uitmuntende optrede.