GEMSBOK-UPINGTON: Die 39-dae lange safari wat die Efficient Groep tans regoor Suid-Afrika onderneem, het ook op Upington aangedoen.
Dawie Roodt en spesiale gaste van Efficient ry met 'n vloot klassieke Land Rovers, Land Cruisers en ander voertuie om hoop te herstel en oplossings te bespreek vir die hedendaagse uitdagings wat Suid-Afrikaners in die gesig staar.
Hierdie reis gaan alles oor eerlike, positiewe gesprekke. Gedurende die reis het die Efficient-span met Suid-Afrikaners (nuwe en bestaande kliënte) gepraat oor hul unieke uitdagings en hoe ons almal kan saamwerk om ons pragtige land te herbou. Die Efficient-span het by verskeie organisasies betrokke ge-raak en ‘n helpende hand uitgesteek.
Sy leef haar passie uit
GEMSBOK-KAKAMAS: Angelah Mnguni is ‘n pragtige 21-jarige jonge dame van Lutzburg Kakamas.
Sy het onlangs die Noord-Kaap verteenwoordig in die South Africa Championship Performance of Art International wat in Rustenburg gehou is.
Angela is lief vir die skoonheidswêreld en het al van kleins af aan kompetisies deelgeneem. Sy het sonder ouers grootgeword, maar dit het haar nie gekeer om haar passie uit te leef nie. ‘n Passie om jongmense te inspireer, my drome te bewaarheid en om aan jongmense te bewys dat omstandighede nie definieer wie jy wil wees nie.
Donkiekarre en fietse is die voorkeur vervoermiddel
GEMSBOK-UPINGTON: In ‘n poging om gasvrystellings te verminder en volhoubare vervoer te bevorder, beywer die Departement van Vervoer, Veiligheid en Skakeling die gebruik van nie-gemotoriseerde vervoer, insluitend fietsry en donkiekarre, gedurende Oktober Vervoermaand.
Rennie Andrias, woordvoerder van die departement, het die voortdurende pogings uitgelig om leerlinge deur die Shova Kalula-program van fietse te voorsien, wat hulle in staat stel om skool toe te ry as hulle binne ‘n radius van vyf kilometer woon.
NK Tesourie besny begroting met 11%
GEMSBOK-UPINGTON: Noord-Kaapse Provinsiale Tesourie-begroting is onlangs deur LUR Venus Blennies by die Noord-Kaapse Provinsiale Wetgewer ter tafel gelê
Die Provinsiale Tesourie se 2024/25-begroting beloop R395 miljoen, wat ‘n 11%-verhoging vanaf verlede jaar is.
Blennies het gesê hierdie begroting beliggaam hul verbintenis tot fiskale dissipline, goeie bestuur en volhoubare ekonomiese groei vir die Noord-Kaap.
• Administrasie (R176 miljoen): Versterking van administratiewe leierskap, vul vakante poste, en ondersteuning van die departement se bedrywighede
“Cupcakes 4 kids with Cancer”-projek word wyd ondersteun
GEMSBOK-UPINGTON: Die ATKV-tak Rooiduin en Kultuurdiere Jeugtak het gehelp om geld in te samel vir kinders met kanker.
Cupcakes 4 kids with Cancer is weer vanjaar deur Mariza Viljoen georganiseer.
Van Saterdag vroegoggend af, is kolwyntjies by die stalletjie by Ingang 2 van die Kalahari Mall verkoop. Mariza sê dis die enigste “mall” in die Noord-Kaap wat die projek ondersteun. “Saam met Toks Bosman, het ons die projek suksesvol aangepak. Hierdie is ‘n nasionale projek en is baie goed deur die publiek ondersteun.”
Tussen 15 en 20 dames het haar gehelp om die kolwyntjies te bak. Baie mense het ook net kontant skenkings gegee en sover het Mariza al meer geld ingesamel as verlede jaar.
Die ATKV-takke en die gemeenskap van Upington wil Mariza Viljoen bedank vir hierdie onbaatsugtige liefdesdiens wat sy al soveel keer aangepak het.
2040 verklaar as die jaar wat bewaring alle mense dien
GEMSBOK-AUGRABIES: SANParke het 'n inspirerende en visioenêre strategie, genaamd “Vision 2040”, onthul wat die rol van bewaring as 'n katalisator van regstelling, ekonomiese vooruitgang en werkskepping sal vervul.
By Augrabies Waterval Nasionale Park is daar ook ‘n program geloods om Visie 2040 bekend te stel.
Dr. Howard Hendriks, besturende uitvoerende beampte van Bewaringsdienste en Naniki Rampedi (hoof van GRC) van SANParke hoofbestuur, het die dag bygewoon, asook die bestuur van Augrabies, ere-veldwagtes en verskeie lede van die gemeenskap.
Die seremoniemeester, Udo Carelse van RSG, het almal welkom geheet en die besprekings gelei. Dr Hendriks het verduidelik wat Visie 2040 is en daarna is daar oorgeskakel na Johannesburg waar almal die bekendstelling regstreeks gevolg het.
Erfenisdag in JTG gevier
GEMSBOK-KURUMAN: Honderde mense het die Thabo Moroosi Veeldoelige sentrum gevul ter viering van ons ryk kulturele erfenis as ‘n provinsie en ‘n land. Die dag, wat onder die tema “Viering van die lewens van ons vryheidshelde en hel-dinne wat hul lewens buite ons grense vir ons vryheid gelê het” gevier is, word jaarliks in September gevier en is die ideale geleentheid vir ons om saam te kom en ons ryk en diverse kulturele tradisies en erfenis.
Dit was ook die eerste dag van die Inheemse Spelefees en kultuurerfenisimposium wat van 24 tot 26 September 2024 in die John Taolo Gaetsewe-distrik plaasgevind het.
Nama Khoi groei toerismepotensiaal buite sy blomseisoen
GEMSBOK-SPRINGBOK: Rodney Kritzinger, burgemeester van Nama-Khoi Munisipaliteit, sê Nama Khoi-koalisiemunisipaliteit pluk die vrugte van sy voortdurende pogings om toerisme en die plaaslike ekonomie ’n hupstoot te gee.
Dit kom nadat die munisipaliteit hulpbronne en pogings belê het om Namakwaland se reputasie vir sy pragtige blomme uit te brei, om ook bekend te word vir sy netheid en verwelkomende houding teenoor besoekers.
Dit is grootliks bereik deur die stigting van die munisipaliteit se 18 unieke “bakkie”-spanne wat in tien dorpe werksaam is, insluitend Carolusberg, Fonteintjie, Matjies-kloof, Springbok, Vaalwater, Bergsig, Okiep, Nababeep, Concordia en Steinkopf.
Dawid Kruiper erken nie-nakoming van PSIRA
GEMSBOK-UPINGTON: Dawid-Kruiper-munisipaliteit moet die volle toorn van die wet in die gesig staar nadat die voortdurende dreigement van ‘n stewige boete nie daarin geslaag het om die munisipaliteit te verplig om aan die Wet op die Regulering van die PrivaatSekuriteitsbedryf (PSIRA) te voldoen nie.
Ná die onthulling oor die munisipale “sekuriteitshek”-skandaal in Maart vanjaar, word daar bewer dat Dawid Kruiper voort gaan om personeel, wat nie by die owerheid geregi-streer is nie, as veiligheidswagte in diens te neem.
Dit, glo ten spyte daarvan dat PSIRA die munisipaliteit voorheen opdrag gegee het om óf die ongeregistreerde veiligheidswagte te herontplooi óf om hul dienste te beëindig
Kgalagadi-toerismeprojek vlagskip vir suksesvolle grondhervorming?
GEMSBOK-KGALAGADI: Die Noord-Kaap se Kgalagadi-toerismeprojek het, volgens die Vumelana-adviesfonds, na vore getree as een van die suksesverhale van Suid-Afrika se grondhervormingsprogram.
Terwyl die grondhervormingsprogram uitdagings in die gesig gestaar het, is dit te vroeg om dit heeltemal van die hand te wys, het die nie-winsgewende, openbare weldaadsorganisasie se uitvoerende hoof, Peter Setou, vandeesweek gesê.
Setou het gesê dat hoewel dit nie alles glad verloop het nie, dit ewe onopreg was om te meen dat daar geen suksesverhale was wat voortgespruit het uit hierdie belangrike program, wat poog om ongeregtighede van die verlede reg te stel wat veroorsaak het dat baie gemeenskappe met geweld van hul voorvaderlike land verwyder is nie.
30 nuwe voertuie om misdaad in die NK te bekamp
GEMSBOK-UPINGTON: In ‘n groot stap om polisiebedrywighede regoor die Noord-Kaap te versterk, het die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Koliswa Otola, Donderdag amptelik 30 nuwe polisievoertuie oorhandig.
Hierdie voertuie is ingestel om polisiestasies, speureenhede en gespesialiseerde eenhede regdeur die provinsie te ondersteun.
Die geleentheid, wat by die SAPD K9-eenheid in Kimberley gehou is, is bygewoon deur sleutelbeamptes, insluitend die adjunk-provinsiale kommissaris vir Polisiëring, generaal-majoor Luntu Ngubelanga, die distrikskommissaris vir Frances Baard, generaal-majoor Charlotte Makgari, die provinsiale hoof vir Voorsiening en Kettingbestuur, brigadier Karabo Makgari.
Fearless Child hou helende gesprekke
GEMSBOK-UPINGTON: Fearless Child, ‘n organisasie wat hul bemoei met die welstand van kinders en vroue het ‘n baie geslaagde vroue-oggend gehou waar deelnemers kon praat oor hul pyn en leed.
Sowat 50 deelnemers het onder die tema “Making me whole again” in die Protea Inn Hotel bymekaargekom waar hulle heerlike tee en kolwyntjies geniet het.
Voor die sprekers opgetree het, het Nomangesi met gebed geopen waarna Vhangi die dames voorgegaan het met sang.
In haar openingstoespraak het die voorsitter, mev Nomangesi Mchlauli van Fearless Child gesê dat die "Making me whole Again”, 'n lewensvaardigheidsprogram is wat vandag by deelnemende vroue sal pas om 'n gevoel van eiewaarde te kry - wat positiewe waardes, gesonde gewoontes inboesem". Sy het herhaal dat vroue wat herhaalde huweliksmislukkings, ontrouheid, traumatiese verhoudings, egskeiding of dood van 'n huweliksmaat die skuldgevoelens, skaamte en selfverwyt wat hul ervaar, moet loslaat en haarself moet begin liefhê om die siklus van herhaalde mishandeling te breek.