Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-UPINGTON:  Die Upington APD en Rhodes Universiteit se CDC-span, is nou al ‘n tyd lank besig om alles reg te kry vir die goedgekeurde Prosopis-projek.
Verlede week was almal by die APD (Sentrum vir Persone met Gestremdhede) baie opgewonde, omdat die biobeheerde Agnippe (Evippe) “knope” op ‘n aantal bome vrygelaat is.  
Die plan is om insekte groot te maak en op terreine rondom die Noord-Kaap vry te laat.

Read more …Prosopis-projek vorder goed

GEMSBOK-UPINGTON: Die Benede-Oranjerivier het die afgelope paar weke stelselmatig gestyg en het Dinsdagoggend teen 865 kumeks deur die dorp gevloei.
Die Gariepdam het die 30 ste Desember begin oorloop en Vanderkloofdam die 10 de Januarie. Die uitvloei uit Vanderkloof het die 7de Januarie begin toeneem toe al twee turbines die eerste keer kon loop en nog toegeneem toe die dam begin oorloop, het mnr. Wilco Fourie, voorsitter van die Oranjerivier Landbou-Unie gesê. 

Read more …Oranjerivier het weer gestyg

GEMSBOK-UPINGTON: Die afgelope twee weke het wyndruifprodusente in die Benede-Oranjerivierstreek begin om druiwe by Oranjerivier Wynkelders te lewer.
Vanjaar word al die druiwe by die kelders op Upington gelewer omdat dit ekonomies meer sin maak. So sê die nuwe besturende direkteur van OWK, mnr. Paul du Plessis. Hy sê sy visie vir die maatskappy is om dit meer volhoubaar vir die toekoms te maak sodat dit meer winsgewend vir die aandeelhouers sowel as die produsente kan wees. 

Read more …Wyndruiwe word reeds by OWK gelewer

GEMSBOK-KENHARDT: Scatec ASA se sonkrag- en batteryfasiliteit buite Kenhardt, het in Desember 2023 amptelik begin om elektrisiteit aan die nasionale netwerk te produseer en te voorsien.
Die aanleg is gebou met finansiering van ongeveer R18,65 miljard ( $1 miljard).
 Die fasiliteit spog met ‘n gekombineerde geïnstalleerde sonkragkapasiteit van 540MW vanaf drie aanlegte, terwyl sy massiewe batterystelsel tot 225MW krag kan lewer.
Met ‘n kapasiteit van 1 140 MWh kan die battery 150 MW se stuurbare krag konsekwent tussen 05:00 en 21:30 deur die jaar verskaf.

Read more …Kenhardt se sonkragfasiliteit verskaf reeds elektrisiteit

Byna die helfte van die land se munisipaliteite voldoen nie aan drinkwaterstandaarde nie.  Dit word uiteengesit in die land se mees onlangse Blue Drop Watch-verslag, wat toon - soos Minister van die Departement van Water en Sanitasie [DWS] Senzo Mchunu beskryf - “’n kommerwekkende afname in die prestasie van drinkwaterstelsels.”
Die verslag het ondersoek ingestel na die huidige toestand van drinkwaterinfrastruktuur en behandelingsprosesse oor 144 Waterdienste-owerhede (WSA) - wat drinkwater vir huishoudelike, kommersiële en besigheidsgebruik via watervoorsieningstelsels regoor Suid-Afrika se nege provinsies voorsien.

Read more …Geen Bloudruppel-sertifikate vir die Noord-Kaap

GEMSBOK-PHILANDERSBRON: Die 3de jaarlikse Kalahari-kuns- en Erfenisfees (KAHF) vind vanaf 24 tot 27 Januarie by Philandersbron in die Kalahari plaas.
Die Kalahari is dikwels onderhewig aan mites, misterie en wankarakterisering. Deur middel van dié fees, is die inwoners van die Kalahari, die Khoi en San,  besig om daardie narratief te verander.
Gedurende die voorafgaande twee feesgeleent-hede, het die fees die stories, kultuur, gebruike van die Khoi en San deur middel van sang, dans, kunsuitstallings, filmvertonings en werkswinkels vertel.
Die KAHF is 'n inisiatief van die Africa Human Rights Film Festival, wie se doel dit is om kuns te gebruik om robuuste debat te genereer, inwoners te bemagtig, bewustheid te kweek en die respek vir menseregte in gemarginaliseerde gemeenskappe te bevorder.

Read more …Kalahari-kuns- en Erfenisfees om die draai

Ondanks al die uitdagings en hobbels in die pad, was boerdery nog altyd ‘n ontsnapping vir Pampierstad se Tebogo Nxamashe wat ontberings in waardevolle lesse omskep terwyl hy sy kommersiële boerderydrome laat groei.
Die lang, warm en droë somers van Pampierstad in die Noord-Kaap kan ‘n potensiële uitdaging wees vir enige kommersialiserende boer, maar nie vir saai- en veeboer, Tebogo Nxamashe nie.
Die eersteling van 21 broers en susters, onthou moeilike tye toe hy grootgeword het. Die plaas was die enigste manier waarop sy gesin ‘n bestaan kon maak en die kos wat hulle geëet het, is uit hul agterplaastuin geproduseer.

Read more …Nuwe boerdery sit kos op die tafel

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap het ‘n aansienlike toestroming van mediese interns ontvang, met meer as 200 jong dokters wat hul ervaringsopleiding in die landelike provinsie begin het.
Die ontplooiing van hierdie interns is ‘n welkome verligting vir die streek, wat dikwels uitdagings in die gesig staar om geskoolde mediese professionele persone te lok en te behou.
LUR vir gesondheid, Maruping Lekwene, het die mediese interns en indiensopleiding medici verwelkom.
Terwyl hy die provinsie se vreugde oor die koms van die jong dokters uitspreek, erken Lekwene die voortdurende uitdaging om hulle na hul opleiding te behou. 

Read more …Jong medici deur NK versprei


GEMSBOK-UPINGTON: Erge donderstorms, sterk winde en ontwrigtende reën - wat op Donderdag, 28 Desember 2023 begin het, het die Noord-Kaap die nuwe jaar ingelei.
Die Noord-Kaapse samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (COGHSTA), sê hulle neem kennis van die verwoesting wat deur die gure weerstoestande veroorsaak is.
Die Pixley Ka Seme-distrik, is erg geraak met ongeveer 200 huishoudings wat geraak is deur die vloede en skade aan huise en eiendom in Britstown, Emthanjeni Plaaslike Munisipaliteit, en 70 huishoudings wat geraak is in die gebiede van Slangpark, Hillside en Hopetown, in die Thembelihle Munisipaliteit.

Read more …Gure weerstoestande saai verwoesting

GEMSBOK-KATHU: Gedryf deur haar toewyding om positiewe verandering in haar gemeenskap teweeg te bring, is Brizelda Titus, 'n plaaslike maatskaplike werker, 'n baken van hoop in die Gamagara-gemeenskap.
Sy beïnloed die lewens van honderde kinders positief. Met die ondersteuning van REISA Solar, het Brizelda nou haar passie vir gemeenskaps-ontwikkeling  verder geneem en haar eie maatskaplike ondersteuningsbesigheid, Boipelo Resources, gevestig,
 "Emosionele welstand bly dikwels 'n verwaarloosde aspek van ons lewens.  As 'n maatskappy is ons missie om die narratief rondom emosies te hervorm, dit nie as swakhede uit te beeld nie, maar as sterkpunte wat die weg baan vir persoonlike groei en selfverbetering. Deur geestesgesondheids-kwessies aan te spreek, streef ons daarna om by te dra tot beter gemeenskappe en 'n gesonder arbeidsmag,” het Brizelda gesê.

Read more …Gemeenskap word só ontwikkel

Tydens SANParke se 17de Kudu toekennings geleentheid, het parke in ons streek weggestap met belangrike pryse.
Volgens die hoof uitvoerende beampte van SANParke, Hapiloe Sello, gee die toekennings erkenning aan persone binne en buite die parke, wat uitsonderlike verbintenis tot die volhoubaarheid van ons nasionale parke getoon het.
Individue is ook vereer vir die verbetering van die lewensbestaan van ons parke, asook om werklike veran-dering te weeg te bring. 

Read more …SANParke vier hul 17de Kudu-toekennings

GEMSBOK-KEIMOES: Kokerboom Lodge, net buite Keimoes, se baie bekende Kersmark is reeds oop en aan die gang.
Denise Franken sê almal word, weer soos al die ander jare, uitgenooi om Kokerboom Lodge te besoek vir hierdie ongelooflike Kersmark tussen die wingerde.
Daar is ook ‘n tafel vir die kinders met die oulikste goed. Regtig iets vir almal. Ons mark is bekend vir goeie kwaliteit en beste pryse. Kom ondersteun weer die uitstallers en geniet die rustige atmosfeer en omgewing. 

Read more …Kom na die Kokerboom Lodge Kersmark