Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Vir baie volwassenes in die Nama Khoi Munisipale gebied het die digitale wêreld lankal buite bereik gevoel, veral vir dié wat nie met toegang tot tegnologie grootgeword het nie.
 Met die erkenning van hierdie gaping het Kangnas-windkragaanleg, in vennootskap met Namakwa Supply and Training (NS-Training), ’n rekenaargeletterd-heidsprogram van stapel gestuur om volwassenes van 36 jaar en ouer te bemagtig. 
Die program bou nie net selfvertroue in die gebruik van tegnologie nie, maar rus individue ook toe met die vaardighede wat nodig is om deel te neem aan vandag se digitale ekonomie.
Twintig lede van die gemeenskap het baat gevind by hierdie inisiatief, wat ontwerp is om deelnemers op hul individuele vaardigheidsvlakke te ontmoet. 


Voor die opleiding begin het, is assesserings uitgevoer om inhoud aan te pas by elke deelnemer se behoeftes, wat maksimum betrokkenheid en voordeel verseker het.
Rozina Cloete, eienaar van Blommetjies Begrafnisdienste en deelnemer aan die program, het haar dankbaarheid uitgespreek:
 “Ons wil vir Kangnas-windkragaanleg bedank vir die geleentheid wat hulle vir ons geskep het deur die rekenaaropleidingskursus. As een van die 'BBT's' (Gebore Voor Tegnologie), het ek nie met rekenaars grootgeword nie. Maar nou hoef ek nie meer op my werknemers staat te maak vir digitale take nie. Ek kan onafhanklik wees en my besigheid meer doeltreffend bestuur. Die kursus het my geweldig baie gehelp.”
Die opleiding is gefasiliteer deur NS-Training, ’n voormalige ontvanger van Kangnas-windkragaanleg se ABCD (Asset-Based Community Deve-lopment) toekenning. Dit het basiese tot intermediêre rekenaarvaardighede gedek. 
Deelnemers is bekendgestel aan noodsaaklike sagteware toepassings, wat hulle toegerus het met die gereedskap om met selfvertroue in vandag se digitale wêreld te funksioneer.
“Hierdie opleiding vorm deel van ons breër verbintenis tot volhoubare ontwikkeling en ekonomiese insluiting in Springbok en omliggende gebiede. Deur gemeenskapslede toe te rus met noodsaaklike digitale vaardighede, poog die program om indiensneembaarheid te verbeter, plaaslike entrepreneurskap te ondersteun en langtermyn ekonomiese groei te stimuleer,” het Rouchet Daniels, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder vir Kangnas-windkragaanleg, gesê.