Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Inwoners van regoor die provinsie en veral in die Benede-Oranjerivier distrik, se harte het verlede week met trots oorgeloop, nadat die bekende sake-paartjie van Upington Toyota, Riël en Elsabé Gresse, in Kroasië  tydens die Toyota S.A. seremonie vereer is vir hulle harde werk en uitmuntende leierskap.
Die span hier “by die huis” is so trots en dankbaar om onder sulke merkwaardige leiers te kan werk. 
 Riël Gresse ontvang ‘n Lewenslange prestasie toekenning.


Hierdie toekenning spreek van ‘n individu wat verder gaan en oor die jare ‘n reis met Toyota aangepak het en verskillende rolle beklee as mentor, leier, innoveerder en pionier. ‘n Leier wat nie net die septer swaai nie, maar betrokke is, met ‘n diep omgee om te sien hoe almal groei. 
Toyota SA gee hiermee erkenning aan iemand wat die Toyota handelsnaam bevorder verby ‘n enkele handelaar en eerder die hele netwerk opbou en ‘n blywende indruk maak. Uiteraard is hierdie persoon passievol en gedrewe, met gevestigde waardes en standaarde wat altesaam bydra tot Toyota SA in die hoedanigheid as die voorsitter van die nasionale handelaars raad.
Elsabé Gresse ontvang die Onafhanklike Handelaar van die jaar toekenning
Alhoewel syfers belangrik is, is hierdie toekenning geskoei op die leier van presterende Toyota-handelaarskappe en hoe hierdie persoon, nie net uitnemende waardes en beginsels aanmoedig nie, maar hulle elke dag uitleef en ‘n lewende voorbeeld is van die Kaizen-kultuur waarop Toyota gegrond is. 
Hierdie toekenning se omvang strek oor fisiese en spreekwoordelike grense en word beoordeel oor Suid-Afrika, Botswana en Namibië. 
 Elsabé Gresse het in haar roerende praatjie byna 556 mense se harte geraak met haar uitspraak van dankbaarheid aan ons Skepper, God, wat ons seën met altyd ‘n nuwe dag en ‘n nuwe geleentheid.
Om  Toyota SA aan te haal: “With a dedicated and passionate dealer principal at the helm they’ve cultivated trust, uplifted others, and proven that when a business is built on heart, it becomes something truly extraordinary.”