GEMSBOK-GROBLERSHOOP: Die Benede Oranjerivier se heel eerste Neutfees word vanjaar op Saterdag 21 Junie op die plaas, Sewenster, by Groblershoop gehou.
Hoekom die Neutfees? “Ons wil hê almal moet NUTZ gaan oor ons pekans!” vertel die organiseerders.
Die geleëntheid vind plaas in ‘n 30 jaar oue neutboord.
Een van die wat die begin van kommersiële pekan verbouing in die Benede-Oranjerivier afgeskop het.
Hierdie neutboord is geplant vir toekomstige generasies.
“Dis gesond en lekker, maar ‘Wonder van die Pekanneut’ is nog nie ontdek deur ons plaaslike gebruikers nie. Ons wil dit aan julle bekend stel.”
Dawie Roort, bekende ekonoom word ingevlieg om saam te kuier en om ernstig saam te praat oor die toekoms van ons pekanbedryf.
Vir die neutprodusent is bywoning ‘n moet.
Die platform gee ons die geleëntheid om ‘n bemarking-
strategie en plan daar te stel ten einde ‘n goeie huis vir ons neute te verseker.
Stalletjies met neutprodukte, masjinerie en demonstrasies is deel van die dag.
Bespreek by https.//www.quicker.co.za/events/317818-nedbank-2025/#/ of WhatsApp 0763999 577.
Die fees word vooraf gegaan deur ‘n Plaasspele vir al die neuteboere en hul werknemers.
Vir inligting en bespreking kontak 076 399 9577.
Bespreek asb voor 18 Junie vir Plaasspele op 20 Junie en/of Neutfees op 21 Junie.
Kom kuier saam met Groblershoop Boerevereniging op Sewenster naby Groblershoop.