GEMSBOK-PRIESKA: Doornfontein Landbouvereniging op Prieska bied op 27 Maart, in samewerking met Beefmaster Voerkrale buite Christiana, ’n boeredag aan op Prieska.
Die dag spruit uit die behoefte van talle beestelers wat meer inligting wil hê oor die vereistes wat voerkrale stel aan die soort bees wat hulle wil koop en die bestuur van Doornfontein landbouver-eniging het besluit om hierdie inligtingsdag aan te bied.
Beefmaster Voerkraal is een van die gereelde aankopers van beeste in hierdie omgewing en soos alle voerkrale het hulle bepaalde vereistes hoe die dier moet lyk om inpas te wees met die standaard wat Beefmaster weer aan abattoirs verkoop.
Kokkedoor trek ’n ander voorskoot aan en soek nuwe kossterre
Vir die tiende seisoen van kykNET se gewilde koswerklikheidsreeks Kokkedoor, trek die program nie net ’n ander voorskoot aan nie, maar kry ook twee nuwe beoordelaars.
In sy volgende gedaante gaan die reeks as Kokkedoor: Son & see bekend staan, terwyl die koskenners Herman Lensing (37) en Yolani Abrahams (32) gaan besluit watter deelnemers koning kraai.
kykNET soek nou na deelnemers vir die reeks, wat in November en Desember ’n hoofgereg op die kykNET-spyskaart gaan wees.
Kokkedoor: Son & see is die vyfde gedaante van die Kokkedoor-familie, waarvan die huidige reeks, Kokkedoor: Vuur & vlam, tans op kykNET uitgesaai word. Buiten Kokkedoor, wat in 2012 vir die eerste keer voorgesit is, en Kokkedoor: Vuur & vlam, was daar ook Koekedoor, Kokkedoortjie en Koekedoortjie.
DKM sê oor hul “spaar water” inisiatief
GEMSBOK-UPINGTON: Die Dawid Kruiper Munisipaliteit het onlangs ‘n “spaar water” inisiatief van stapel gestuur.
Hierdie inisiatief waarsku inwoners dat onverantwoordelike watergerbuik tot ernstige water te korte kan lei. Patrick Williams, kommunikasie hoof vir DKM, verduidelik dat oor die afgelope twee jaar - die vraag na water skerp gestyg het. Hy sê dit is as gevolg van vinnige dorpsuitbreiding en geweldige druk op die infrastruktuur. Gebruiksvlakke oortref die nasionale norme en standaarde - vererger deur ons semi-woestyntoestande.
“Ons waterbronne, insluitend die Oranjerivier en Kalahari-Oos-pyplyn, het gebruiksgrense wat nagekom moet word.
As gevolg van hierdie kwessies het die Dawid Kruiper-raad besluit (Spesiale Raadsbesluit 7/10/2024) om ‘n Waterbewaring- en Vraagbestuurstrategie (WCDMS) te implementeer,” verduidelik Williams.
Parke opgeknap vir almal om te geniet
GEMSBOK-POSTMASBURG: Kumba Iron Ore het onlangs twee opgeknapte parke in Tsantsabane Plaaslike Munisipaliteit - Postmasburg, geopen.
Behalwe dat dit beskikbaar is vir ontspanning en fisiese aktiwiteite, speel parke ‘n noodsaaklike rol in die ontwikkeling van groen sones in stedelike gebiede wat nodig is vir ‘n gesonde omgewing.
Die Punt Park en Postdene Park se fasiliteite is opgeknap deur plaaslike KMMO's, met die installering van heinings, wandelpaaie, banke en ablu-siegeriewe, insluitend hoë mas solar ligte en bome.
By die openingsere-monie van een van die parke het Kumba Iron Ore se Noord-Kaap Hub korporatiewe sake bestuurder, Adriaana Slambert, die gemeenskap versoek om na die parke om te sien en om nie die fasiliteite te vandaliseer nie.
Upington Landbou Expo: 29 - 31 Mei
GEMSBOK-UPINGTON: Heelwat vermaak is reeds gereël vir vanjaar se Expo wat vanaf 29 - 31 Mei gehou word.
Die Noord-Kaap Arabierperd Streekskou word van die Donderdag tot die Saterdag gehou. Die Upington Western Mounted Gamesklub sal ook weer hul gewilde vertoning die Saterdagmiddag lewer.
Michael Lindt, wat bekend is as omroeper by die skou, gaan as seremoniemeester en aankondiger optree.
Hy sal ook die gaskunstenaar by die Bejaarde Funksie wees, wat soos gewoonlik, die Donderdagoggend aangebied word.
Wat die sangers aanbetref, gaan Armand Steenkamp, Ryno Velvet en Loufi Vrydagaand optree.
Rekordgetal veteraanmotors van KOMK besoek George Motorskou
Wat is nou lekkerder om met die reuk van reën in die lug om 03:00 met ‘n vete-raanmotor vanaf Upington na die jaarlikse George Motorskou te vertrek – ‘n tog van ongeveer 14 ure.
Dit is wat ‘n groep van 19 entoesiaste van die Kalahari Oumotorklub (KOMK) op Vrydag 7 Februarie 2025 ervaar het. Die modus operandi na vertrek was allermaal dieselfde – stop in Groblershoop vir brandstof, buite Prieska met eerstelig om bene te rek, weer brandstof in Britstown, groot ontbyt 10 kilometer anderkant Britstown met koue skaapnekke, frikkadelle en allerhande lekkernye, Beaufort-Wes vir brandstof, Mei-ringspoort by die waterval vir middagete,
Oudtshoorn vir klein herstelwerk aan David van der Merwe se bakkie, dan oor die Robinsonpas tot op die terrein van die Eden Tegniese Skool in George waar die Motorskou jaarliks gehou word.
Author’s first book, “Desert of Faith” is a heartwarming story about second chances
GEMSBOK-UPINGTON: Timothy van der Westhuizen recently published his first book, “Desert of Faith, ” in Kindle format.
Timothy moved to Upington two years ago.
He started this book in 2017 and says it was a bit difficult to write. “In 2020 Covid 19 came and my Mom passed away and I continued to write. This book has some of my own challenges that I faced in life and how God helped me through each and every time,” says Timothy.
“I hope you enjoy this book as much as I had the time to write it.”
Kleinvee en prag-perde by Williston se Landbouskou
Skougangers vanuit die Hantam, Karoo en selfs die Namakwaland het verlede naweek, saam met welkome reën, na Williston gestroom om te deel in die jaarlikse Williston Landbouskou. Daar het kleinvee boere, saalperdruiters ens, bymekaar gekom om met hulle prag diere te spog. Volg ons ook op Facebook vir ‘n album vol perde, kleinvee en regte Hantamse pret!
Nuwe kleurvolle baadjie vir Koenstraatpark in die Rand
GEMSBOK-UPINGTON: Die Koenstraatpark in die Rand-woonbuurt in Upington het die afgelope week, met die hulp van AfriForum se Upington-tak, ’n nuwe baadjie aangetrek.
Alle klimrame sowel as ’n kragboks en stoor-kamertjie op die terrein is nou in helder kleure verf getooi en maak van dié park weer ’n veiliger en welkome speelplek vir die buurt se kinders.
Volgens Werner Strauss, AfriForum se dis-trikskoördineerder vir die Noord-Kaap, is dié park se speelapparate jare laas opgeknap.
In die tydsame opknappingsproses is die klimrame afgeskuur, waar nodig herstel en oorgeverf, terwyl die graffiti wat die park se kragboks en stoorkamer ontsier het ook nou spog met ’n vars laag verf.
Opwindende ontwikkeling vir Namakwa-distrik
GEMSBOK-SPRINGBOK: Vedanta Zinc International (VZI) het, volgens die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid, aansienlike vordering gemaak met die bou van ‘n nuwe Onkologie Sentrum by Dr. Izak Niekerk Hospitaal in Springbok.
Hierdie moderne fasiliteit sal noodsaaklike palliatiewe sorg en chemoterapiedienste vir kankerpasiënte in die Namakwa-distrik verskaf.
In 2022 het VZI ‘n vennootskap met die Noord-Kaapse Departement van Gesondheid by die Mynbou-Indaba aangegaan om die vestiging van hierdie broodnodige Onkologie-behandelingsfasiliteit te verseker.
Hierdie projek, ter waarde van R21 miljoen, is ‘n bewys van VZI se verbintenis tot die opheffing van gemeenskappe en die lewering van dienste wat tans nie in Nama-kwaland beskikbaar is nie.
Onlangs is ‘n opvolgvergadering gehou om die uitvoering van die projek in lyn te bring.
Hierdie hoëvlak-betrokkenheid is gelei deur LUR van Gesondheid, mnr. Maruping Lekwene, saam met senior bestuur van die Provinsiale Kantoor, Distriksgesondheidsdepartement en VZI.
Die onkologiesentrum, wat 355 vierkante meter strek, sal na verwagting teen Desember 2025 voltooi wees.
Die omvang van die werk vir hierdie projek sluit ontwerp, ingenieurswese, vervaardiging, verpakking, verskaffing, vervoer, installasie, kalibrering en toetsing van die geïnstalleerde werke in.
Luffa het entrepreneur se passie geword
GEMSBOK-UPINGTON: “Vier plantjies en ‘n paar Luffa pitte van ‘n vriendin het vir my ‘n passie geword en Luffa Lief het so ontstaan.”
Só gesels Maria van der Wath wat die afgelope jaar die gesondheidsreeks, Luffa Lief, op die mark gebring het.
‘ n Luffa is die natuur se eie gesonde “exfoliator” en pamperlang jou vel en bevorder bloedsirkulasie.
Maria skryf verder:
“Ek kry gereeld die vraag, “wat is n Luffa?”
Dit is n sponsagtige plantaardige produk wat hard is as dit droog is, maar word sag as dit natgemaak word.
Dit kan vir letterlik alles gebruik word, gesigs “crub”, lyfsorg - enige oppervlak op jou vel kan daarmee skoon gemaak word.
Uniek aan Luffa Lief is dat dit trots Upington produk is – word 25 km buite Upington gekweek, ek oes en verwerk dit self.
Luffa Lief het verskeie produkte, onder andere n gesigscrub met suiwer gliserien seep en dan Luffa sepies, gegeur en gekleur soos na smaak.
Die Here het ‘n plan beraam - Só glo pastoor Ben
GEMSBOK-UPINGTON: Pastoor Hendrik Ben is eerste ‘n musikant en dan ‘n pastoor. Hy maak al van sy agste jaar af musiek. Hy het by ‘n tannie wat naby hulle gewoon het, leer musiek maak.
Hy is ‘n meester trekklavierspeler wat in die hele Noord-Kaap musiek maak. Sy musiek en sang het hom al na Amerika en Israel geneem waar hy saam met ander kerkgroepe opgetree het.
Hy is ‘n pastoor by die Fountain of Life gemeente onder pastoor Johan Strauss en André Phete. Pastoor Ben is ‘n bedrewe musikant wat ook “keyboard”, saxefoon en bietjie mondfluitjie speel. Hy is as kind Kaap toe waar hy by “grootmaak ouers” gewoon het. Daar het hy sy musiek verder geneem.