Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die Verenigende Gereformeerde Kerk op Upington vier vanjaar sy 150ste bestaansjaar en ‘n verskeidenheid van feestelike geleenthede word tans beplan om dit ‘n onvergeetlike gebeurtenis in die anale van die Kerk se ryklike geskiedenis te maak. 
Die hoogtepunt van al hierdie beplande feesvieringe sal in die maand van Oktober plaasvind, het ds. Johan Julies, die konsulent van die VGK gesê. 

Op die foto verskyn hy saam met die 39 nuwe lidmate van Upington, Karos en Louisvale wat Sondag, 6 April,  die geskiedkundige openbare “Belydenis van Geloof” tydens dié kerk se 150ste bestaansjaar afgelê het.
 ‘n Verheugde ds. Julies het tydens hierdie spesiale geleentheid die Woord bedien na aanleiding van Josua 24 (“Ek en my huis sal die Here dien”), asook die Heilige Doop en Nagmaal. Heel regs verskyn Elbie Strauss, ‘n ouderling van die kerk.            
                            * Foto: Nick Pretorius