Die rateltaai skopboks boeties van Kathu het die afgelope tyd weer die hele Noord-Kaap trots gemaak na hulle deelname aan die SA Kampieonskappe in New Castle, KZN.
Na ‘n strawwe week van taai kompetisie het die Pieterses die vloer onder hulle opponente gelyk gemaak en weereens puik presteer.
Hierdie prestasie is nie net ‘n besonderse mylpaal vir Lylle en Liam nie, maar ‘n trotse oomblik vir die hele de Koker-en Pieterse familie.
Hulle uitslae is as volg:
Lylle
Goud:
Light Continues
Goud:
Kick light
Silwer:
Points Fighting
Silwer:
Champ of Champs
Liam
Silwer:
Light Continues
Silwer:
Kick light
Brons:
Points Fighting