Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Tydens die Nasionale Ruiterkunsproewe wat in Februarie in Riversdal gehou is, is ’n jong junior Proteaspan gekies om Suid-Afrika te verteenwoordig in ’n internasionale ruiterkunskompetisie in die VSA. 
Twee leerlinge van Hoërskool Duineveld, Nicola van Zyl en Marné Compion, is met trots ingesluit in die span van agt lede.
Die kompetisie, wat in Oktober in New Orleans plaasgevind het, het twee divisies behels: die driegang- en vyfgang divisies. 
Nicola het daarin geslaag om in beide divisies deel te neem, terwyl  Marné in die driegang-divisie opgeneem is.
Die toer na die VSA het afgeskop met besoeke aan verskeie perdryfasiliteite, insluitend die stalle waar die wenners van die Nasionale Wêreldkampioenskappe gehuisves word. 

Read more …Jong Proteas spog met goud en silwer

Konoha Martial Arts het onlangs ‘n wonderlike indruk gemaak by die RMMAA All Styles Challenge in Rustenburg in die Noordwes Provinsie. 
Hierdie geleentheid het verteenwoordigers van verskeie gevegskunsstyle en provinsies getrek, insluitend Noordwes, Noord-Kaap, Gauteng, Kwazulu-Natal en Mpumalanga.
Konoha Martial Arts het uitsonderlike vaardigheid en toewyding getoon en indrukwekkende medaljeplasings verdien. As die kompetisie se nasionale vlakkaliber in ag geneem word, is hierdie prestasie ‘n bewys van die span se harde werk en deursettingsvermoë.
 

 

Fitness Profound het onlangs ‘ wonderlike pret gevulde kompetisie dag aangebied, “Fun-Olympics”.
Die “Fun-Olympics” dag het glad verloop met genoeg eet en drink goed vir deelnemers, ander stalletjies, trofeë en pryse te wen, goeie organisasie en goeie gesindheid en samewerking vanaf die “Fitness Profound” gym-span.

 

GEMSBOK-KAKAMAS: Ruiters van die Kakamas Tentpegging Klub het vanjaar aan die Tentpegging Nationals gaan deelneem wat in Howick, Kwazulu-Natal gehou is.
Die afstand was uitmergelend op die perde en die kompetisie was baie sterk, maar  die ruiters en perde het hulle goed van hulle taak gekwyt.
Die “Nationals” ry jy as volg:  Die span bestaan uit vier ruiters en ook halfseksie, dan ry net twee ruiters op ‘n slag. Daarna ry elke ruiter ook enkel items en op die einde van die kompetisie word die punte opgetel vir elke ruiter se eie individuele punte, waarvolgens die Protea-spanne ensovoorts verkies word. Daar word ook wenners van seksie items sowel as half seksie wenners, aangewys.

Read more … Tentpegging Nationals 2024

Op Saterdag, 9 November 2024, het DFC Rugbyklub en Laerskool Op die Voorpos kragte saamgesnoer om ‘n uiters suksesvolle rugbykliniek aan te bied, wat meer as 100 jong seuns en dogters aan die grondbeginsels van die sport bekendgestel het.
Die kliniek het ‘n unieke platform gebied vir jong seuns en meisies om hul vaardighede onder leiding van ervare DFC Rugbyklub-spelers te verfyn. Interaktiewe sessies gefokus op noodsaaklike rugbyvaardighede, insluitend:
- Balhantering
- Dykslae
- Spanwerk

Read more …DFC Rugbyklub en Op die Voorpos bied ‘n suksesvolle rugbykliniek aan

Rayno Nel, bekend onder aanhangers en mededingers as “Rhino”, het die naweek die SCL Finale in Turkey gewen en dit maak hom nou dit SCL Sterkste man in die Wêreld.
Dit net ‘n naweek na hy SCL Afrika in die Kaap gewen het.
Rayno het ‘n inspirerende pad van die rugbyveld na die sterkman-stadium uitgestippel en het vinnig een van Suid-Afrika se mees gedugte atlete geword.
Hy is ‘n boorling van Upington en oud-leerling van Hoërskool Duineveld.
Rayno was ’n rugbyspeler, het vir die Vrystaat Cheetahs gespeel voordat hy die sterkmanwêreld betree het.
Naas rugby, het Rayno ‘n graad in ingenieurswese behaal en sy loopbaan as elektriese ingenieur begin. Sy grootste uitdagings sluit in reis en om daagliks genoeg kilojoules in te neem. Hy is die seun van die trotse ouers, Jannie en Bernice Nel
Verlede jaar het Rayno besluit om ‘n nuwe ambisie na te streef: om Suid-Afrika se sterkste man te word. Sy doelwit realiseer toe hy aan die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe deelgeneem het en die titel van Suid-Afrikaanse Sterkmankampioen verseker het.
Kompetisies op sy kerfstok sluit in SA Sterkste, Arnolds Afrika, Afrika’s Strongest, SCL Holland, SCL Afrika en nou SCL World Champion.
Ná die oorwinnings het hy uitnodigings ontvang om internasionaal aan die Strongman Champions League (SCL)-byeenkomste in Rusland en Nederland deel te neem.
Ten spyte van ‘n voetbesering het hy ‘n vierde plek in Rusland behaal. Daarna het hy in Nederland die titel as die Sterktste man in Nederland verower.
In ‘n SCL kompetisie was hy ook die “Sterkste man in Africa”.  Al hierdie oorwinnings het hom laat deurdring tot die SCL Wêreld Kampioenskappe.
Hy het tydens dié wêreldkampioenskappe die naweek in Turkye met ‘n agterstand van 9 punte begin omdat hy 9 van die vorige uitdunne gemis het. Hy het egter die agterstand gou uitgewis.
Die eerste item was ‘n marmerblokwisseling, die oplig van klip met ‘n gewig van 100 kg tot 130 kg. Rayno het dit in ‘n rekord-opstel van 31 sekondes voltooi en die tweede plek behaal. Daarna het hy die 175 kg-sandsak-dra oor 60 meter op strandsand aangepak, wat hy moeiteloos gewen het. Rayno het die dag afgesluit deur die 75 kg natuurlike klipgooi te wen. Op dag een was hy eerste met ‘n enkele punt.
Met die top vyf mededingers net vyf punte uitmekaar, het dag twee beloof om ‘n stryd van vasberadenheid en vasvat te wees. Met sy laaste item, moes hy ‘n groot rots in minder as 20 sekondes voltooi. Hy het dit in net 17.1 gedoen, wat sy posisie as die nuwe titelhouer in die SCL Strongman of the World bevestig het.
Met hierdie titel het Rayno “Rhino” Nel bewys dat sy krag net so ontstuitbaar soos sy gees is.

 

GEMSBOK-UPINGTON: Tentpegging in die Noord Kaap het die afgelope tydperk so gegroei dat daar ‘n mans merietespan gekies kon word, sowel as ‘n damespan, om die Noord Kaap te kon verteenwoordig tydens die ITPF 2024 wat by Howick gehou is.
Die mansspan wat gekies is, was Willem Nortje Upington, Basie Nel Bloemfontein, Andre van Niekerk Kakamas en Johan van Niekerk Kakamas. 
Al vier ruiters verteenwoordig die Kakamas Klub. Bonties Viljoen was reserwe sowel as spanbestuurder van die twee Noord-Kaap spanne. Die vier dames in die span was Cecilia van Niekerk Kakamas, Elriena Cilliers Danielskuil, Anja Viljoen Danielskuil en Elzeri Nel Bloemfontein.

Read more …Ruiters presteer goed

Die Upington Extreme is elke jaar ‘n groot vooruitsig vir talle gesinne, skoliere, atlete en fiksheid entoesiaste!  Hierdie kompetisie is beslis ‘n hoogtepunt vir elke driekamp atleet! 
Fietsryers in beide extreme (28km) en lite (14km), asook die hardloop atlete, het terwyl hulle die prag natuurskoon van Kanoneiland se plase verken, die senutergende roete oorwin. Die Extreme & Lite swemmers het die magtige Oranjerivier, met seunuwees van staal en uithou vermoë - getem.
  Daar was ook Extreme Kids wat nes die ‘grootmense’ ook geswem, gedraf en fietsgery het!  Vanjaar was hulle bevoorreg om nie net 1 of 2 ere gaste te ontvang nie, maar 3 spesiale gaste by die 2024 Upington Extreme! 
 Ntate Manaka (CEO Toyota Financial Services), Charl Barnardo (Vise President Sales & Marketing TFS SA) en Fefe Maphisa (Upington Toyota’s ‘secret weapon’) het  aan die 5km Lite Trail Run deelgeneem.

Read more …Upington Toyota Extreme weer groot sukses

 Die krieketspan van die Primêre Skool Oranje-Oewer het die afgelope naweek ‘n blitstoer na Na-makwaland onderneem waartydens hulle   kragte gemeet het met die laerskoolspanne van Springbok. 
 Oranje-Oewer Primêr se netbalspanne het Saterdag teen Laerskool Springbok te staan gekom.
Oranje-Oewer spog met van die beste netbalspanne in die ZFM-skoleliga en hulle het hul Na-makwalandse teenstanders ‘n opdraende stryd gegee.  

Read more …Oranje-Oewer skitter in Namakwa

Die Kalahari Classics het die afgelope naweek in Kathu plaasgevind. Upington Swemklub voel trots om te kan sê, met 23 swemmers het die klub  altesaam die meeste punte bymekaar gemaak die naweek. Hulle eindig in die eerste plek met 3767 punte vir Upington swemklub.Die individuele resultate is as volg :
Gea March - 2 goud 4 silwer 2 brons (3 tye verbeter)
Liane Van Zyl - 3 silwer 4 brons (4 tye verbeter)
Mieke Boshoff -1 silwer 4 brons (2 tye verbeter)
Marlo Lensing - 4 goud 5 silwer (2 tye verbeter)

Read more …Upington swemmers laat spat by Kalahari Classics

So besig soos ‘n by, so toegewyd soos ‘n swemmer, en so helder soos Upington Swemklub. Die Vrydag van die 18de het ons “geesvang” gala plaasgevind. 
Op daardie sonnige Vrydag het ons alle plaaslike inwoners verwelkom om te kom swem en toeskou! 
Toeskouers kon waarneem hoe deelnemers mekaar ondersteun en aanmoedig. So het elke item nie net met n glimlag begin nie, maar ook met een afgesluit. 
Hulle het selfs 25 meter-byeenkomste gehad wat hulle LTS-kinders die kans gegee het om te wys hoe dit gedoen word!
Met baie gees, spanbou en lag het  die naweek op ‘n goeie noot begin.

Read more …Upington Swemklub “Geesvang” gala

 GEMSBOK-UPINGTON: Die 1ste liga van die twee-kamp het onlangs by die Dicky Jacobs stadion en die dorp swembad plaasgevind en was ‘n groot sukses - met meer as 80 deelnemers wat aan die kompetisie deelgeneem het. 
Hierdie opwindende geleentheid, het die begin van die seisoen op ‘n hoogtepunt gebring en die groei van die liga ondersteun.
Tweekamp is nie net ‘n sport nie; dit is ‘n familie-aktiwiteit wat mense bymekaar bring. 
‘n Inspirerende voorbeeld was die Huyser-familie, waar pa, ma en hul twee kinders saam deelgeneem het, wat die waarde van gesinsbonding deur sport demonstreer.

Read more …Tweekamp seisoen spring goed weg

Subcategories