Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

 
 Quinton Opperman, ‘n 26 jarige Upingtoner is onlangs aange-stel as die  Vaardigheids / Kondisionering en Agterlyn afrigter vir die Novavit Griffons.
Quinton het aan die Duineveld Hoërskool  in 2016 matrikuleer,waar hy   vir die eerstespan - bekend as die “ WITTES “ - in 2015- 2016 uitgedraf het as losskakel. Hy het ook vir die Griekwa-skolespan uitgedraf.

Read more …Quinton nou ‘n Griffens afrigter!

Die Gemsbokkies Toutrekklub het onlangs hul stempel in die toutrek-wêreld afgedruk tydens ‘n byeenkoms op Landboudal - toe die Gemsbokkies  in al hulle afdelings eerste plek behaal het.
Die kragtige Gemsbokkies het bewys dat hulle  ‘n eenheid is wat saamwerk om sukses te behaal.
Saam het die toutrekkers ‘n baie indrukwekkende vertoning gelewer by ‘n byeenkoms waar altesaam 281 trekkers uit 12 skole en klubs was - wat in 89 spanne getrek het. 

Read more …Gemsbokkies Toutrekklub wys hul staal by Landboudal

Tydens die Noord-Kaapse proewe onlangs het Curro Kathu-leerders uitsonderlike resultate behaal:
Markus van Deventer - Hy het tweede gekom in die seuns 0/12 ouderdomsgroep. Uitstekende prestasie! Hy is gekies om Noord-Kaap by The Synergy Cup gedurende Maart in Kaapstad te verteenwoordig.
Tylo en Caria Swanepoel - Hulle het onderskeidelik 5de en 6de gekom in die dogters 0/13 ouderdomsgroep. Hulle is gekies om Noord-Kaap by die Synergy Cup gedurende Maart in Kaapstad te verteenwoordig.
Hierdie leerders het uitstekende resultate behaal en ons wens hulle sterkte toe vir The Synergy Cup.  

Verskeie skole het Saterdag deelgeneem aan die mini inter-hoërskole toernooi. Die.19-A hokkiespan van Uppies wat Saterdag deelgeneem het aan die mini-inter-hoërskole toernooi by Upington Hoërskool-sportvelde. Agter van links op ons foto verskyn die afrigter, Y. Botes, K. Louw, 
T. Lonte, T. Malan, T. Ludik, J. van Zyl, 
P. Kiwido, L. Bezuidenhout, F. Van Rooyen en H. Burger. Voor links B. Steyn, 
I. Venter, M. Lombard, G. de Gois,
 A. Peens, D. Pietersen en heel voor is die doelwagter J. Nortje. Uppies 3 - 0 Kalahari 0/19 A; Uppies 5 - 0 Kathu 0/19A. 
Foto: Nick Pretorius

GEMSBOK-UPINTON: Die Upington Rolbalklub het met die aanbreek van die nuwe rolbal seisoen reeds begin stempel afdruk in die Kalahari Subdistrik sowel as Noord-Kaap Rolbal.
Tydens die onlangse Kalahari Dames Enkels in Beeshoek, het Susan Leeuwner en Marietjie v/d Bergh onderskeidelik eerste en tweede geëindig. 
Beide het die naweek daarna Kalahari SD in Kimberley verteenwoordig teen die ander subdistrikte van Noord-Kaap. Marietjie het die klub se naam hoog gehou en ondanks sterk teenstand as algehele wenner uit die stryd getree as Noord-Kaap Dames Enkels Kampioen vir 2024.

Read more …Upington Rolbalklub druk hul stempel af

UPINGTON: Sewe hoërskole ( Uppies, Carlton-Van Heerden, Duineveld, Saul Damon, AJ Fereirra, Paballelo en SC Kearns ) se jong belowende atlete het verlede Woensdag die stryd vir mekaar aangesè en daar was vele opwindende blink vertonings gelewer wat baie beloftes inhou vir die toekoms. Nick Pretorius het gaan inloer om vir ons lesers van hierdie skitter-atlete in beeld te toon.

Die Griekwaland-Wes Tweekamp Kampioenskappe het op 17 Februarie in Kathu plaasgevind en was een van die grootste geleenthede vir die seisoen tot dusver, met meer as 100 atlete wat meegeding het. 
Die kampioenskappe is gehou om die atlete te kies wat Griekwaland-Wes gaan verteenwoordig by die Suid-Afrikaanse Kampioenskappe aan die einde van Maart in Bloemfontein. 
Weereens het die atlete hul potensiaal gewys met onvergeetlike deursettingsvermoë deur beide jong en oud. Die jongste atleet van die dag was slegs 6 jaar oud, terwyl ons oudste atleet van 70+ gekwalifiseer het vir die Suid-Afrikaanse kampioenskappe. 

Read more …Griekwaland-Wes Tweekamp Kampioenskappe

Luther Julies (links), talentvolle kolwer van die krieketklub Upington Dragons en die mediumsnelbouler William van Wyk (regs) het die SA Plattelandse krieketspan by KSA se byeenkoms in 
Bethlehem in die Vrystaat vanaf 8 tot 11 Februarie bygewoon en baie goed vertoon. 
Luther het 116 lopies aangeteken en Van Wyk het drie paaltjies platgetrek. Hulle het onderskeidelik 11de en 5de in hul afdelings geëindig. Saam met die tweetal verskyn hul afrigter Johannes du Plessis wat die ZFM-streek tydens die toernooi verteenwoordig het.  Foto: verskaf


UPINGTON - Vrydagmiddag, 9 Februarie, het die laaste tweekamp liga van die seisoen plaasgevind by die Dicky Jacobs-stadion, met die swem gedeelte wat by die dorp swembad gehou is. 
Hierdie geleentheid is deur Hoërskool Upington aangebied - wat nie net ‘n wonderlike dag se sportgeleenthede aangebied het nie, maar ook die atlete en ondersteuners na die swemgedeelte met uitstekende kos bederf het.
Die hoogtepunt van die dag was die pret swem na afloop van die amptelike liga onder die spreiligte, gevolg deur die bederf van heerlike hamburgers. 

Read more …Laaste tweekamp liga van die seisoen - ‘n groot sukses

Die afgelope naweek van 3 en 4 Februarie 2024 het Upington Western Mounted Games Klub hulle 1ste en 2de Noord Kaap Provinsiale Qualifiers in Upington by die Skougronde aangebied. Ongeveer 56 ruiter/perd kombinasies van regoor die provinsie van plekke soos Upington en omvewing, Kimberley, Kathu en Kakamas het oor 2 dae aan 10 items teen die tydlyn meegeding. Die ruiters het deelgeneem in verskillende ouderdom groepe en volgens hulle ruiter/perd ry vermoë. Hierdie perde dissipline vereis absolute deursetting, konsentrasie en vertroue tussen perd en ruiter, veral inaggenome die hoë spoed en temperatuur waarin en teen die items gery word.

Read more …Western Mounted Games hou Qualifiers op Upington

Upington Lions se T20 liga veldtog het Saterdag 27 Januarie 2024 afgeskop en het Upington Lions teen Uppies Dorp & Upington Dragons gespeel.
Upington Lions skop hulle T20 veldtog af met ‘n baie goeie wen en die manne lyk glad nie geroes na die maand se rus nie. 
Upington Lions speel eerste teen Uppies by Uppies park.
  Upington Lions teken die wen lopies aan in die 12 de beurt 75/2 na 12.2 beurte. Upington Lions wen Uppies met 8 paaltjies.
 Die 2de wedstryd van die dag was teen Upington Dragons ook by Uppies park.

Read more …Upt Lions skop T20 op hoë noot af

Upington Swemklub het weer deelgeneem aan die jaarlikse NCASA Champs byeenkoms wat plaasgevind het in Kimberley gedurende  Desember 2023. 
12 Swemklubs neem deel en die swemmers presteer as volg:
Spesiale toekenning ontvang:
Llewellyn Orffer – Ouderdoms beker 11 – 12jr
Sacha Willemse – Junior Victor Ludorum trofee
Llewellyn Orffer
1ste Plekke: 6 x Goud -400 Vryslag, 100 Vryslag, 200 Rugslag, 100 Vlinderslag, 200 Vryslag, 50 Vryslag
2de Plekke: 5 x Silwer - 50 Rugslag, 200 Borsslag, 100 Rugslag, 50 Vlinderslag, 200 IM

Read more …Oranje-Noord spog me swem uitslae

Subcategories