Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *


UPINGTON - Vrydagmiddag, 9 Februarie, het die laaste tweekamp liga van die seisoen plaasgevind by die Dicky Jacobs-stadion, met die swem gedeelte wat by die dorp swembad gehou is. 
Hierdie geleentheid is deur Hoërskool Upington aangebied - wat nie net ‘n wonderlike dag se sportgeleenthede aangebied het nie, maar ook die atlete en ondersteuners na die swemgedeelte met uitstekende kos bederf het.
Die hoogtepunt van die dag was die pret swem na afloop van die amptelike liga onder die spreiligte, gevolg deur die bederf van heerlike hamburgers. 

Read more …Laaste tweekamp liga van die seisoen - ‘n groot sukses

Die afgelope naweek van 3 en 4 Februarie 2024 het Upington Western Mounted Games Klub hulle 1ste en 2de Noord Kaap Provinsiale Qualifiers in Upington by die Skougronde aangebied. Ongeveer 56 ruiter/perd kombinasies van regoor die provinsie van plekke soos Upington en omvewing, Kimberley, Kathu en Kakamas het oor 2 dae aan 10 items teen die tydlyn meegeding. Die ruiters het deelgeneem in verskillende ouderdom groepe en volgens hulle ruiter/perd ry vermoë. Hierdie perde dissipline vereis absolute deursetting, konsentrasie en vertroue tussen perd en ruiter, veral inaggenome die hoë spoed en temperatuur waarin en teen die items gery word.

Read more …Western Mounted Games hou Qualifiers op Upington

Upington Lions se T20 liga veldtog het Saterdag 27 Januarie 2024 afgeskop en het Upington Lions teen Uppies Dorp & Upington Dragons gespeel.
Upington Lions skop hulle T20 veldtog af met ‘n baie goeie wen en die manne lyk glad nie geroes na die maand se rus nie. 
Upington Lions speel eerste teen Uppies by Uppies park.
  Upington Lions teken die wen lopies aan in die 12 de beurt 75/2 na 12.2 beurte. Upington Lions wen Uppies met 8 paaltjies.
 Die 2de wedstryd van die dag was teen Upington Dragons ook by Uppies park.

Read more …Upt Lions skop T20 op hoë noot af

Upington Swemklub het weer deelgeneem aan die jaarlikse NCASA Champs byeenkoms wat plaasgevind het in Kimberley gedurende  Desember 2023. 
12 Swemklubs neem deel en die swemmers presteer as volg:
Spesiale toekenning ontvang:
Llewellyn Orffer – Ouderdoms beker 11 – 12jr
Sacha Willemse – Junior Victor Ludorum trofee
Llewellyn Orffer
1ste Plekke: 6 x Goud -400 Vryslag, 100 Vryslag, 200 Rugslag, 100 Vlinderslag, 200 Vryslag, 50 Vryslag
2de Plekke: 5 x Silwer - 50 Rugslag, 200 Borsslag, 100 Rugslag, 50 Vlinderslag, 200 IM

Read more …Oranje-Noord spog me swem uitslae

In sy tweede wedstryd met die elftal van Upington Dragons het Lions weereens die bordjies verhang toe hy ook diè wedstryd verlede Saterdag op Uppies se krieketveld gewen het om tot dusver bo-aan die puntelys te eindig in die ZFM-streekskompetisie.
Dragons was vroeg in die moeilikheid toe PJ Smith (0), Granville de Wee (4) en Christopher Freeman (0) hul paaltjies verloor het. Edwin Isaacs, kolwer van Dragons, het met mening vasgebyt en Lions se boulers gestraf vir ‘n skitterende 56 lopies - voordat hy weens ‘n besering die veld moes verlaat. Hierna het Damian Willemse met 26 lopies meer aansien aan Dragons se beurt verleen.

Read more …Lions klop Dragons


FOCT are predominantly a cardiovascular focused sport.  Out of all the fitness routines training regimes and exercises out there, functional training is one of the most practical and beneficial. Functional training is training for life.Functional training is a kind of workout that uses and trains groups of muscles to work together as what happens when doing real-life activities - from daily tasks to sports.
The most unique feature of functional training is that it is geared towards carrying out real-life activities efficiently with less injury.

Read more …Benefits of training

Terwyl die Hoërskool Kalahari se 1ste span aan die Fichardtpark Kovsie Smash toernooi deelgeneem het, het die 0/15 span met heelwat nuwe gesigte ‘n baie suksesvolle toer in Rustenburg gehad.
Nat velde het ongelukkig veroorsaak dat die seuns slegs 2 van die beplande 6 wedstryde kon speel. 
Kalahari 0/15's vaar uitstekend en wen beide hierdie wedstryde. Kyk gerus na die opgesomde telkaarte wat aangeheg is. 
Die nuwe graad 8 krieketspelers  Franco Hoops, Jordan Minnie, Waldo Noeth, Luan Joubert en Kehan de Jongh het nou reeds hul eerste Kalahari kriekettoer agter die rug .

Narike Hoft en Cailin Nel, twee Noord-Kaap Ruiterkuns-ruiters, het in Desember aan ‘n internasionale kompetisie teen die VSA deelgeneem en is onderskeidelik as kapteine gekies vir twee spanne. 
Die kompetisie het in Parys (SA) plaasgevind.
Cailin is as die 3- Gang kaptein vir die SA Juniorspan gekies - die span het silwer gewen.
Narike is as die 5- Gang SA Junior kap-tein gekies en die span het goud gewen.

Read more …Upington ruiters blink uit teen VSA

UPINGTON: ‘n Nuwe era in die plaaslike sokker administrasie het verlede Saterdag in die Dicky Jacobs-stadion afgeskop toe Upington City FC - die besoekende span van JDR Stars FC  met 3-1 verslaan het.
‘n Nuwe liga, die Motsepe Kampioenskappe, is onlangs deur die Suid-Afrikaanse Sokker Federasie (SAFA) op die been gebring.
Dit gee aan sokkerspelers dwarsdeur die land die geleentheid om in ‘n tweede liga hul talente ten toon te stel.
City het Saterdag op ‘n indrukwekkende wyse getoon hulle kan hul man staan teen die bestes wat daar is.  Die wedstryd is in ‘n baie vinnige tempo gespeel op ‘n verbeterde grasoppervlakte waarin die spelers die oomblik geniet het.  City het met goeie aanvallende spel die  besoekers uitoorlê.

Read more …Upington City seëvier in eerste ‘tuiswedstryd’

Die krieketklub Upington Lions het verlede Saterdag die ZFM-Subunie trofee vir die tweede agtereenvolgende jaar gewen toe hy die jong en onervare span van Carltonians in die eindstryd oortuigend met  ses paaltjies geklop het.
Die wedstryd is op ‘n baie goeie kolfblad van Hoèrskool  Duineveld gespeel wat aan die bouler en kolwer die geleentheid gegee het om munt daaruit te slaan.
Die jongspan van Carltonians het die loot gewen en het dadelik besluit om eerste te kolf in ‘n ligte oggendliggie wat die snelboulers met goeie swaai deur die lug gehelp het.

Read more …Upington Lions brul weer as liga-konings!

Die inter-provinsiale tweekampbyeenkoms, wat op ‘n warm Noord-Kaapse Saterdag  plaasgevind het, was ‘n groot sukses - met meer as 200 atlete wat die hitte aangedurf het. 
Die byeenkoms was in Kimberley - in samewerking met Griekwaland-Wes tweekamp.
Atlete van Noord-Wes, Vrystaat en Griekwaland-Wes het mekaar die stryd aangesê en uiteindelik het Griekwaland-Wes as die provinsiale kampioene met die louere weggestap.

Read more …GW Interpro tweekamp
Page 3 of 5