Die Trainastics Tuimel Klub van Upington se gimnaste het onlangs behoorlik geskitter by die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe in Port Elizabeth van 7- 9 Oktober. Hulle het die Noord-Kaap se naam hoog gehou. Al nege provinsies was daar. Daar was omtrent 1200 gimnaste wat deelgeneem het tussen tuimel en trampoline.
Upington Gimnaste skitter by SA’s
Die Trainastics Tuimel Klub van Upington se gimnaste het onlangs behoorlik geskitter by die Nasionale Gimnastiek Kampioenskappe in Port Elizabeth van 7- 9 Oktober. Hulle het die Noord-Kaap se naam hoog gehou. Al nege provinsies was daar. Daar was omtrent 1200 gimnaste wat deelgeneem het tussen tuimel en trampoline.
Suksesvolle 2de Tweekamp Liga
GEMSBOK-UPINGTON: Op Dinsdag, 22 Oktober, het Hoërskool Duineveld weereens bewys hoekom hulle bekend staan vir hul puik sportorganisasie toe die 2de Tweekamp Liga met groot sukses by die skool aangebied is.
Die dag is gekenmerk deur uitstekende samewerking, sportmangees en ‘n ware gemeenskapsgevoel.
Die byeenkoms is voortreflik georganiseer deur Duineveld se toegewyde span, met waardevolle hulp van ouers en onderwysers wat as beamptes ingespring het om die dag glad te laat verloop. Hierdie ondersteuning maak dit moontlik dat die tweekamp-ligas van krag tot krag groei en elke keer ‘n groter bywoning trek.
Pieterse broers ‘skop gat’ in Brakpan
GEMSBOK-KATHU: Die afgelope naweek het die Pieterse broers deelgeneem aan die Battle of the East en Tiny Titans kompetisie in Brakpan. Hulle het besonders goed gedoen.
Die 18 jarige Lylle het ingeskryf in die gewigsgroep onder 74kg. Hy het twee eerste plekke en ‘n derde plek ingepalm.
Kleinboet Liam, 11 jaar, het ingeskryf onder die gewigsgroep onder 32kg. Hy het skoonskip gemaak en eerste plekke in al 3 kategorieë behaal.
Die kategorieë waarin hulle deelgeneem het: Points Fighting, Continues fighting en Kick light. Die vloer is gelyk -En die Pieterse-kinders was gereed!
Change Through Sport vaar uitstekend tydens plaaslike Karate Kampioenskap
Shihan Beukes van die plaaslike karate skool op Upington wat val onder die NGO “Change Through Sport” is baie tevrede met sy karate skool se prestasie tydens onlangse Shotokan Karate Kampioenskappe op Upington. Shihan Beukes nooi die inwoners van Upington uit om sy karate klasse te besoek.
Eerste Tweekamp liga van die seisoen skop af
GEMSBOK_UPINGTON: Die 2025 tweekamp-seisoen het op ‘n hoë noot afgeskop met die eerste liga wat op Woensdag, 15 Oktober by Hoërskool Duineveld plaasgevind het.
Hierdie byeenkoms het nie net die amptelike liga 1 ingesluit nie, maar ook ‘n opwindende pret-liga, waar skole en spanne saam deelgeneem het om blootstelling aan die sport te
bevorder – tot groot genot van atlete en toe-skouers.
Die kompetisie was straf, maar die gees was uitstekend.
Port se sokkerhelde maak geskiedenis!
Port Nolloth Laerskool se sokkerseuns het hulle provinsie, streek en gemeenskap trots gemaak toe hulle onlangs in Pretoria aan die “Kay Motsepe Schools Championship Nationals “deelgeneem het!
Hulle het met trots en deursettingsvermoë gespeel en ’n fantastiese 4de plek in die hele land behaal!
Upington Ekstreme inskrywings nou oop!
Inskrywings vir die gewilde Upington Extreme Driekamp kompetisie is nou oop en atlete en spanne word aangemoedig om so gou moontlik hulle inskrywings af te handel.
Hetsy dit die unieke swem in die Oranjerivier is, of die bergfiets tussen die wingerde, of die draf in die Kalahari landskap, die kompetisie bly uniek en wonderlik.
Die kompetisie vind in ‘n verskeidenheid van kategorieë plaas en maak voorsiening vir die individu, ‘n spanbenadering en selfs vir skole ‘n aparte kategorie.
Kalahari Eagles bo aan JTG Premier T20 punteleer
Na afloop van ‘n besige krieketnaweek bevind die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles hulle bo aan die JTG Premier T20 punte leer.
Die Kalahari span kwalifiseer nou outomaties vir die liga finaal wat tydens die naweek van 26 Oktober sal gebeur.
Die Eagles sal teen die wenner van die tweede en derde plek uitspeel - wat tussen die Kathu Giants Krieketklub en die KEW Krieketklub meegeding sal word.
Daar was 'n paar uitblinker-vertonings oor die naweek met SW van Heerden, Janko Noeth en Louhan Noeth wat die kolf gelei het.
Liam Liang, Leander Smit en Janko Noeth het goed geboul en die opposisiespanne daarvan weerhou om enige noemenswaardige totale te behaal.
Die Groot Kleuter Interskole van 2025
Die 2025 Groot Kleuterskole Interskole was vanjaar weer iets besonders om te beleef.
Hierdie jaar is die tweede jaar dat Lana van der Westhuizen en die ouers van Karlien en Kandas Kleuterkampus hierdie suksesvolle kleuter atletiek aanbied. Skooltjies van heinde en verre het deelgeneem aan die pret.
Krete is lank voor die tyd geoefen en elke span het homself omtrent oortref met pragtige dekor en hope spangees.
Capespan Farms en Blue Hand Sportdag
GEMSBOK-KAKAMAS: Capespan was weer eens bevoorreg om hul jaarlikse Plase Sporttoernooi suksesvol op Vrydag, 26 September 2025 op Capespan Valam plaas se sportgronde, geleë op die Riemvasmaakpad, aan te bied.
Capespan se Noord-Kaap Tafeldruiweplase, Wes-Kaap Groot Patrysvlei (Clanwilliam) sitrus- en Oos-Kaap Penhill sitrus plaas (Sondagsrivier vallei) se sokker, netbal en landloop-spanne het op Valam plaas se Remmogo sportgronde, wat met Capespan- (Blue Hand) en Waitrose- Stigtings befondsing ontwikkel was, kom meeding.
Boeta Pikes rugbydag” met groot sukses aangebied
Saterdagoggend is die “Boeta Pikes rugbydag” gehou na die opening van die Rugbymuseum wat in die Kalahari Oranje Museum gehuisves word.
Die dag is afgeskop met laerskolerugby waartydens Franciscus, Vooruitsig en Simbrüner die stryd aangesê het.
Op hoërskoolvlak het Saul Damon die span van Keimoes in die eindstryd naelskraap met 8-7 geklop nadat AJ Ferreira in die eerste ronde teen Saul Damon vasgeval het.
DFC het weggestap met die Pietie Pretorius-trofee nadat hulle Sunwolves met 15-7 getroef het.
Die Noordwes-Kaap legends-rugbyspan wat tydens die Pietie Pretorius-memorium rugbydag in die Eiland-stadion Saterdag teen die legendspan van United kragte gemeet het. Die wedstryd het gelykop geëindig sonder dat enige punte aangeteken was.
Die rugbydag was ‘n reuse sukses. * Foto: Nick Pretorius









