Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die rugbyspanne van Sunwolves, Kakamas en Upington Dorp het Saterdag hul onderskeie ZFM-ligawedstryde hier oortuigend gewen. 
Aldrie dié spanne het hul aanspraak op die uitklopfase later vanjaar ‘n verdere hupstoot gegee, berig Nick Pretorius. 
Sunwolves het Kenhardt op die Unieveld welverdiend met 29-15 geklop. 
* Puntemakers: Sunwolves: (10), 29; Drieë: Luciano Anthony (2), Lionel “Pepe” Abrahams, Remarco Groenewald en Ruwano Bok. Doelskoppe: Royston Isaaks (2). Kenhardt: (10), 15. 
Drieë: Benitto Pretorius, Dwayne Berend en Jeandré Jors. 


* Kakamas se reuse oorwinning van 68-0 met die beleërde span van United op die Unieveld, was te danke aan hul agttal wat die tuisspan bitter swaar laat leef het. 
Dit was United se vyfde agtereenvolgende nederlaag in die ZFM-kompetisie vanjaar.
 “Ons gaan deur ‘n baie moeilike tyd hierdie jaar. Van ons beste spelers het die klub verlaat vir groener weivelde iewers. Ons sal ernstig gaan kyk na ons foute en aandag daaraan gee. Ons gaan met mening terugveg”, het ‘n spanbeampte (anoniem) ná United se slae gesê. 
* Puntemakers: Kakamas: (68), United: (0). Drieë: Jean Fourie (2), AJ Wiese (2), Albert Oberholzer, Pikkie Nortjé, DB Schreuder, Simon Basson, Maans Visser en Marceau Olivier. Doelskoppe: Danie Koortzen (4), Zack Theron (2) en Clemence Jordaan (3).
 * Op die Eilandveld het ‘n slagting plaasgevind nadat Upington Dorp, die enigste onoorwonne span in die ZFM-kompetisie, altesaam ‘n rekord van 16 drieë teen Keimoes gedruk het. 
Die besoekers het moedig geveg tot in die laaste 10 minute van die wedstryd, maar daarna was hul fut uit en die tuisspan het met reëlmaat die drieë ingeryg. 
* Puntemakers: Dorp: (33), 108. Drieë: Gustav Bester (4), José Carlos (3), Cobus van Niekerk (2), Wilco Visagie (2), Arthur Cloete, Lian Liebenberg, Altus van der Merwe, Rhazwion Scott en Gideon Coetzee. Doelskoppe: Connie de Jager (14).
* Adri Friedberg het twee strafdoele vir Keimoes oorgeklits. (6).