Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Sport News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

Die  Destiny United Fc van Groblershoop het Maandagaand in gietende reën die jaarlikse groot Cornald Mouers-Sokkertoernooi op die Dicky Jacobs-stadion hier voor ‘n groot skare met 1-0 gewen teen Mainstay United van Sesbrugge. 
So berig Nick Pretorius, vryskut sportfotograaf, na afloop van die gewilde jaarlikse toernooi.
Nick skryf: 
Dit was ongetwyfeld “die wedstryd van die toernooi” wat veral op Saterdag en Sondag skare van 5 000 elk gelok het. 
Hierdie baie gewilde toernooi word gewoonlik oor vier dae gedurende die lang Paasnaweek beslis. 
Die toernooi is vernoem na Cornald Mouers, ‘n boorling van Louisevale net buitekant Upington. 


Hy was ‘n onderwyser aan die Hoërskoool S.C. Kearns in Louisevale waar hy ‘n sokkerklub by name van Classics besit het.  Cornald is kort voor die aanvang van ‘n toernooi op 6 Junie 1996 wat oor die Paasnaweek sou plaasgevind het, in ‘n tragiese motorongeluk oorlede. 
Sy moeder, Johanna Freeman, was oor die naweek die toernooi se gasvrou. 
In die uitspeel rondtes het Destiny United Fc  die 2024-kampioenspan van NC Pro’s van Kathu onttroon om sodoende deur te dring na die eindstryd. 
In die eerste halfeindstryd wat Maandag plaasgevind het, het Mainstay die elftal van Black Cats van Upington met 1-0 getroef. 
Die wenspan se doel is aangeteken deur die doelskieter, Willie Stefanus. 
In die tweede halfeindstryd het Destiny United Fc  vir Kakamas Sundowns in ‘n saai kragmeting met 2-0 ore aangesit. 
Die besoekers se doele is geskiet deur Pele Sandaxele en Sydo. In ‘n taai en opwindende eindstryd wat deurgaans in gietende reën gespeel is, het Destiny United Fc met 1-0 geseëvier maar moes in die tweede helfte verwoed walgooi teen talle verwoede aanvalle naby hul doelhok. 
Die doelskieter, Pele Sandaxele, het sy span se doel in die 15de minuut van die eerste helfte aangeteken. 
Mainstay se Jantjies Vries en Warren Pofadder was van die groot uitblinkers in hul span. 
“Ek dink Mainstay kan vanaand (Maandag-aand) sy kop hoog hou teen ‘n goeie span soos Destiny United Fc. Ek voel baie trots op my jong laaities wat karakter getoon het, veral in die tweede helfte toe die reën begin uitsak het. Destiny United Fc verdien om te wen. Dis al wat ek net wil sê”, het die spanbestuurder van Mainstay ná die wedstryd gesê.