GEMSBOK-UPINGTON: Tydens vanjaar se Landbou Expo wat gehou word, sal kragmanne en fiksheidsentoesiaste hul krag en uithouvermoë kan kom toets.
Fitness Profound, onder leiding van Dirk Gilbert (China) en sy span bied ‘n eliminasie uitdaging vanaf Saterdagoggend 10:00 af aan.
Die wenner sal bepaal word deur die persoon wat die langste kan uithou, “last man standing”.
Daar is vyf stasies wat die volgende insluit:
Stasie 1: Onmoontlike Uitdaging.
’n Taai toets van vaardigheid, spoed, strategie en uithouvermoë wat net die mees vasberade deelnemers sal oorleef.
Stasie 2: Band-Omslaan.
Deelnemers moet swaar bande oor omslaan tot die laaste een staan.
Stasie 3: Hou vas-vir-Jou-Lewe
Deelnemers moet ’n gewig vashou, en die laaste persoon wat staan wen
Stasie 4: Klop-jou-Liggaamsgewig
Deelnemers moet hul eie liggaamsgewig optrek tot laaste persoon wen.
Stasie 5: Krag-Uithouvermoë Uitdaging
’n Finale kombinasie van krag- en spoed oefeninge. Die vinnigste persoon wen.
Die wenner word die “Laaste Een Staande”!
Om in te skryf of navrae, kontak 072 768 2508.