GEMSBOK-KURUMAN: Die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles het die voorreg gehad om deel te neem aan die tweede uitgawe van die Skole SA20 Fase 2-toernooi in Potchefstroom.
Hulle het die geleentheid gehad om hul openingswedstryd op die JB Marks-stadion te speel.
Die Eagles het ‘n plek in die halfeindronde misgeloop na verliese teen St Andrews en Rustenburg, maar het ‘n vertrouens versterkende oorwinning teen Trio behaal.
Janko Noeth teken die hoogste individuele telling van die naweek aan met ñ uitstekende 63 lopies van slegs 27 balle in die wedstryd teen Trio.
‘n Verdere hoogtepunt was die verbete terugvegpoging in die wedstryd teen St Andrews.
Die span van Bloem was goed oppad in hul kolfbeurt met die telling op 95 sonder verlies na 11.5 boulbeurte.
Met uitstekende boul- en veldwerk neem die Eagles 6 paaltjies in 5 boulbeurte en bevind Saints hulle op 119/6 na 16.3 boulbeurte.
Na afloop van die eerste 3 weke van 2026 bevind die Eagles hulself in die 51ste plek op die ranglys van SA Skole O/19 spanne en het reeds mededingende wedstryde teen St Andrews (13de) en Eldoraigne (18de) gespeel.









