Vier lede van die Hoërskool Kalahari se Kalahari Eagles-span het die Noord-Kaap o.17-span by die CSA o.17-toernooi in Nelspruit verteenwoordig.
Die Noord-Kaap-span het derde geëindig na oorwinnings teen Mpumalanga, Noordwes en Gauteng Provinsie.
Janko Noeth het die Man van die Wedstryd-pet ontvang na sy vertoning in die wedstryd teen Mpumalanga.
Liam Laing is as Man van die Wedstryd aangewys nadat hy 4 paaltjies vir slegs 4 lopies teen Noordwes Provinsie geneem het.
Aan die einde van die toernooi is Liam Laing as die bouler van die toernooi vir die Noord-Kaap-span en Louhan Noeth as die kolwer van die toernooi vir die Noord-Kaap-span aangewys.
Baie geluk aan al die spelers Janko Noeth, Louhan Noeth, Shane Corner, Liam Laing en die afrigtingspan, mnr. Gerhard Marais en Rolandè Benade (Biokinetikus).
Intussen het die Kalahari Eagle, Bloemfontein, aan die brand gespeel.
Strauss van Heerden het vir die Bloem Hornets gespeel in die o14 FPL toernooi.
Strauss word 2 keer aangewys as Man van die Wedstryd, teken 143 lopies aan en neem 5 paaltjies. Strauss eindig 3de op die lys van die “ Mees gewaardeerde speler”
Die o14 Bloem Hornets wen die 2025 o14 FPL toernooi.









