GEMSBOK-PORT NOLLOTH: ‘n Groot deurbraak is op Maandag 28 April 2025 behaal toe lede van Operasie Vala Umgodi ses ongedokumenteerde onwettige mynwerkers by ‘n woning in Sizamile, Port Nolloth, aangekeer het.
Die span het, terwyl hulle besig was met ‘n gemeenskaps-uitreikprogram in Komaggas, betroubare inligting ontvang rakende buitelandse burgers wat na bewering in besit van ongepoleerde diamante is.
Die polisie het vinnig opgetree, die intelligensie geoperasionaliseer en ‘n klopjag by die geïdentifiseerde perseel uitgevoer.
Tydens die soektog het owerhede ongepoleerde diamante en ‘n onbekende bedrag kontant ontdek.
Die ses manlike verdagtes, tussen 18 en 33 jaar oud, het nie geldige immigrasiedokumentasie voorgelê nie en is daarna in hegtenis geneem.
Hulle is aangekla van die besit van ongepoleerde diamante sowel as oortredings van Immigrasiewette.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) dring steeds daarop aan dat lede van die publiek pogings om misdaad te bestry, ondersteun deur deel te neem aan die aanlyn-opname “Beoordeel Ons Diens” wat daarop gemik is om dienslewe-ring te verbeter.
Die publiek word ook aangemoedig om enige kriminele aktiwiteite aan te meld deur die SAPS Misdaadstop-nommer 08600 10111 of via die MySAPS-app.