GEMSBOK-UPINGTON: 25 lede van APD het verlede week op Leerkrans ‘n kruiekursus bygewoon wat aangebied is deur Barbara Lynn Roos, bekende kruiemeester.
Barbara Lynn van Perfekte Kuur is tans besig om unieke kruie produkte vir APD te ontwikkel - spesiaal vir die behoeftes van persone met gestremdhede. Alle navrae kan gerig word aan Elmarie by 087 086 2907 in kantoor ure.
Perfekte Kuur is ‘n besigheid wat natuurlike produkte ontwikkel en ook klasse aanbied oor hoe om met kruie te werk vanaf die plant tot die produkte op die rak.
Barbara Lynn beplan om vanaf Februarie 2026 kursusse by Groenvallei Kwekery aan te bied. Sy nooi almal uit om ten minste twee kursusse jaarliks by te woon.
Sy het dit baie geniet om die kursus vir die APD-lede aan te bied - dit was vol opwinding en almal is met tonne kennis huis toe.
Mense wat haar wil kontak, kan WhattsApp by 061 923 9521.









