GEMSBOK-UPINGTON: Cupcakes 4 kids with Cancer is ‘n projek wat geld insamel vir kinders met kanker.
Dit is weer vanjaar deur Mariza Viljoen georganiseer met die hulp an Toks Bosman van die Kalahari Mall.
Van Saterdag vroegoggend af, is kolwyntjies by die stalletjie by Ingang 2 van die Kalahari Mall verkoop. Hierdie is ‘n nasionale projek en is baie goed deur die publiek ondersteun.”
Verskeie dames het Mariza gehelp om die kolwyntjies te bak. Daar is sowat 1 000 kolwyntjies verkoop. Baie mense het ook kontant skenkings gegee.
‘n Spesiale dankie aan die Uppies Verbruikers klasse wat 300 Cupcakes gebak het met juf. Charlene Olivier wat hierdie projek by die skool bemark het, asook Lana van der Westhuizen wat 275 gebak het.
Die ATKV Rooiduin-tak het van die Cupcakes geskenk en die Gordonia Lionas, asook Rotary Anns het kontantskenkings gedoen.
Cupcakes 4 kids with Cancer aangebied om kinders te help
Typography
- Smaller Small Medium Big Bigger
- Default Helvetica Segoe Georgia Times
- Reading Mode