Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Community News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: ATKV-tak Rooiduin bestuur, het pastoor Michelle Potgieter, die skrywer van “Sonneblomme en sneeu in Oekraïne”, onlangs hier op Upington ontmoet.
Saret Boshoff en haar span, het beertjies ingesamel om na die kinders in die oorloggeteisterde Oekraïne te stuur. Sy het met pastoor Michelle Potgieter in Reni geskakel, om te hoor hoe ons hier in Suid-Afrika vir hulle kan help. Michelle het sopas ‘n boek uitgegee oor hul gesin se lewe as sendelinge in Oekraïne. 


Die ATKV-tak Rooiduin hier in Upington, het betrokke geraak. Ons ATKV-Streekbestuurder, Marco het bakkievragte bere aangery vanaf Thabazimbi en Vredefort, geskenk deur ATKV-lede.
Vir ‘n tydperk van ‘n jaar het die ATKV-tak Rooiduin bestuur, bere ingesamel by hul vriendinne, Ougoud en die Liewe Heksies Kleuterskool.  Die dames van Belle Rio het ook betrokke geraak en gehelp met die toewerk van ‘n groot sak vol bere. Gertru de Kock, eienaar van Liewe Heksies Kleuterskool in Upington het ingekoop in hierdie wonderlike projek. Sy het haar Liewe Heksies en hul families gemotiveer en hulle het ‘n rekordgetal van 560 bere aan hierdie projek geskenk. Hierdie groot donasie het al ons verwagtinge oortref.
Al die bere wat ingesamel is, kon nie na Oekraïne vervoer word nie. Van die bere is opgeveil en die fondse is gebruik om beraders na Oekraïne te stuur. Hulle diplomatieke diens, gesetel in Pretoria, het wel van die bere gestuur na hul tuisland.
Pastoor Michelle het van haar lewe in Oekraine vertel en ook van die boek, wat sy oor haar gesin se lewe in Reni, geskryf het. Sy het haar man, Ockert in 2020 aan Covid verloor, net nadat hulle haar pa in Suid-Afrika begrawe het. Daarna is sy en haar kinders terug na Reni om hul wonderlike werk voort te sit. 
Reni is naby die grens geleë en word sedert die begin van die oorlog oorval deur vlugtelinge. Die Here voorsien steeds vir hul voorrade en middele om hierdie mense mee te help.
Zanica Badenhorst van Upington, gaan einde Oktober saam met Michelle na Oekraïne om daar te gaan help en  om  sendingwerk te doen.As daar enige iemand is wat by hierdie sending-uitreik betrokke wil raak, of nog beertjies wil skenk, kontak gerus vir Saret by 0826828491.
Die ATKV-tak Rooiduin bestuur is dankbaar oor die geleent-heid om deur Saret betrokke te kon raak by so ‘n wonderlike projek. Saret en haar span se fokus is nie net internasionaal nie, maar ook plaaslik. 
Hulle het ook van die bere geskenk aan siek kinders in die Dr. Harry Surtie Hospitaal se kinderafdeling. Hierdie deel van die projek is gekoördineer deur  die pediater, dr. Wentzel en Jana Maree (dieetkundige by Dr. Harry Surtie Hospitaal).