GEMSBOK-PRIESKA: Piet Roux, ’n bekende boer in die Prieska omgewing is vanjaar aangewys as die Veeplaas Klimaatslim Ambassadeur in 2023 en hy gaan ook in samewerking met Veeplaas ’n boeredag op sy plaas aanbied. Alle boere word uitgenooi om die geleentheid by te woon.
Die toegang is gratis en dit sluit ook ’n ete in. Die boeredag word op 26 Oktober, op die plaas Biega, tussen Prieska en Britstown aangebied en bekende sprekers gaan tydens die geleentheid optree. Dr. Louis du Pisanie, ’n bekende weidingkundige is een van die sprekers en gaan met die boere gesels oor die boer se verantwoordelikheid om klimaatslim te boer ten einde sy boerdery volhoubaar te hou.