GEMSBOK-UPINGTON: Operasie Shanela, die weeklikse multi-dissiplinêre hoëdigtheid-operasie, met die fokus op die vermindering van kontak- en geweldsmisdade in misdaadbrandpuntgebiede, het tot 186 arrestasies gelei.
Altesaam 9 900 aksies en polisie-aktiwiteite is uitgevoer wat voertuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoekings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelm- en ander goederesmokkelary ingesluit het.
Talle voertuigkontrolepunte (VCP’s) en padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 1929 voertuie en 4623 persone voorgekeer en deursoek is.
Verskeie voldoeningsinspeksies by tweedehandse handelaars, skrootwerwe, herwinners, privaatsekuriteitsmaatskappye, vuurwapenhandelaars, formele en informele besighede, plase en myne is uitgevoer.
Ewekansige skole is ook besoek met Veiliger Skole-verteenwoordigers van beide die Onderwysdepartement en SAPD as deel van die ontwrigtende aksies.
Operasionele suksesse wat behaal is, sluit in; 186 verdagtes in hegtenis geneem vir moord, poging tot moord, verkragtingsroof, aanranding, huis-braak, opsetlike saakbeskadiging, handel en besit van dwelms, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms asook ongedokumenteerde onwettige immigrante en gesoekte persone.
Die polisie het beslag gelê op groot volumes alkoholiese drank, dwelms, nie-ysterhoudende metaal items en kontant wat glo die opbrengs van misdaad is.
Die Provinsiale Kommissaris van die Noord-Kaap, luitenant-generaal Koliswa Otola het aangedui dat die sukses van Operasie Shanela in die provinsie die gevolg is van samewerking met belanghebbendes.
Die robuuste betrokkenheid van die gemeenskap en alle ander relevante rolspelers in misdaadbekampingspogings is deurslaggewend in die aftakeling van kriminele aktiwiteite, om sodoende te verseker dat niemand agterbly nie.