Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die verskerpte polisie-operasies van die afgelope Paasnaweek, het gelei tot die aankeer en arrestasie van 462 verdagtes vir ‘n reeks oortredings.
Altesaam 18 215 polisie-aksies en -aktiwiteite is gedurende hierdie tydperk uitgevoer, wat voer-tuigkontrolepunte (VCP’s), stop- en deursoe-kings, voet- en voertuigpatrollies, nakomingsinspeksies, dwelms en opsporingsoperasies deur speurders ingesluit het.
Voertuigkontrolepunte en talle padblokkades is regoor die provinsie uitgevoer waartydens 4 331 voertuie en 9 911 persone voorgekeer en deursoek is.


Nakomingsinspeksies by tweedehandse goederehandelaars, vuurwapenhandelaars, drankpersele, formele en informele besighede, myne sowel as plase is uitgevoer.
 Altesaam 2 458 patrollies is by winkelkomplekse, winkelsentrums en in brandpunte uitgevoer om polisiesigbaarheid te versterk.
Die verdagtes is aangekeer en gearresteer vir misdade wat wissel van moord, poging tot moord, roof, aanranding, huisbraak, diefstal uit motorvoertuig, handel met opsetlike saakbeskadiging en besit van dwelms, gevaarlike wapens, bestuur onder die invloed van alkohol of dwelms, onwettige besit van vuurwapens en ammunisie, onwettige handel in drank, oortreding van die Immigrasiewet asook oortreding van die Wet op Tweedehandse Goedere.
Speurders in die vyf distrikte het 181 gesoekte verdagtes, wat die polisie ontduik het, opgespoor en gearresteer -  terwyl 281 mense vir ander misdade in hegtenis geneem is.
Ontwrigtende optredes het ook gelei tot die konfiskering van groot volumes drank, dwelms en talle gevaarlike wapens by onwettige sjebiens, die herwinning van vee en vermoedelik gesteelde eiendom in brandpunt-misdaadgebiede.