Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Die Oranjerivier is weer baie hoog, dit is veroorsaak deur die hoeveelheid sluise wat  by die Bloemhofdam, Gariepdam en Vanderkloofdam oopgemaak is, as gevolg van hoë reënvalsyfers tussen die Vaaldam en Bloemhofdam asook bokant die Vaaldam.
Die meterlesing by die Upington- en Groblers-hoopbrug was Dinsdagoggend (29 April) 6 meter. Die hoogte by die Kakamasbrug is 8,2 m.
 Volgens mnr. Wilco Fourie, kon DWS die uitlaat van water beter bestuur het. Die uitlaat van water moes nie verminder geword het nie. Dit het veroorsaak dat ‘n groot hoeveelheid water verlede week losgelaat is.


Op 25 April is die uitlaat van die Bloemhofdam byvoorbeeld twee keer verhoog, eers na  2800m³/s en toe om 17:00 na 3000m³/s.
Len Fourie, wat teen die Oranjerivier woon en vir ons die stand van die rivier op Upington volgens sy trappies aandui, sê daar is baie mis-informasie en verkeerde aannames wat die rondte doen oor kumeks en hoogtes en dit veroorsaak wantroue en saai paniek. 
“Ek volg vir Wilco Fourie en luister slegs na sy opdaterings en berekeninge. Wilco was nog met elke vloed baie akkuraat en volgens sy berekeninge gaan ons baie naby aan Februarie 2023 se hoogte wees, maar hoop laer as 2011 se hoogte. Dit beteken tussen 7.3m en 7.5m hoogtes by die meetstasie en padbrug in Upington. Feb 2023 se kumeks was 4400 ongeveer en 2011 was 4700 kumeks ongeveer, het hy in ‘n Facbook-plasing geskryf.
Vandag, 29 April het Wilco Fourie die volgende syfers deurgegee:
Vaaldam 118.9% vol - invloei 1359m3/s uit-vloei 1786m3/s
Bloemhofdam 117.0% vol - invloei 3586m3/s uitvloei 3600m3/s
Gariepdam 112.3% Invloei 1499m3/s uitvloei 1586m3/s
Vanderkloofdam 108.4% Invloei 1558m3/s uitvloei 1279m3/s
Vloei by Katlani 3863m3/s
Vloei by Prieska 3341m3/s
Vloei by Upington 2923m3/s
Vloei by Bloupunts 1523m3/s
“Katlani se projeksie volgens die website is effens laer op 4800m3/s die 2e Mei. Ek glo egter steeds dit gaan laer realiseer,” het Wilco afgesluit.
Vandag se syfers soos ontvang van Niel van Niekerk van die Kakamas Watergebruikers Vereeniging (KWGV):
“*Waarskuwing: Hoogwater – Kakamas WGV (29/04/2025) *Lede, let asseblief op die volgende belangrike inligting rakende die huidige water vlakke in ons omgewing in die komende dae:
*Aktuele Vloei by Kakamas 
• Vloei: 2732 m³/s (+ 998 m³/s styging  )
• Hoogte by die brug: 8,280m(+ 1630 mm styging)
Verwagte piek vloei en volume te Kakamas Brug gebasseer op uitvloeie ten tye: 
10,9 meter @ 4996.00 m3/s op (Max vloei 29 April 2025 - vrygelaat & verwag te Kakamas +- 07 Mei 2025)
*Van der Kloof Dam se oorloop vloei dui nog steeds ‘n styging aan. Bloemhofdam se invloei het begin stabiliseer wat goeie nuus is. Let asseblief daarop dat die volume ook ekstern bygevoegde water uitsluit, soos reënwater en enige verliese langs die stroom, aldus Niel Van Niekerk.