GEMSBOK-PABALLELO: Upington Grenspolisie het ‘n beduidende hoeveelheid dagga ontdek tydens die uitvoering van ‘n deursoekingslasbrief.
Op Sondag 11 Januarie 2026 omstreeks 07:30 is ‘n deursoekingslasbrief by die Paballelo-plak- kerskamp uitgevoer.
By die deursoeking van die perseel het lede dagga met ‘n geraamde waarde van R111 400-80 ontdek. ‘n 45-jarige man is in hegtenis geneem vir die handel in dagga en sal binnekort in die hof verskyn. Die konfiskering van die dwelms beklemtoon die onwrikbare toewyding van die Noord-Kaapse polisie tot die bekamping van dwelmverwante misdade.