Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Verskeie rolspelers veg al jare om rioolstortings in Upington te beëindig en dit het daartoe gelei dat nog ‘n petisie van stapel gestuur is om te eis dat Dawid Kruiper-munisipaliteit die herhalende oorstromings van mense se huise en erwe in die Progress-gebied aan te spreek. Vir maande lank word herhaaldelike oproepe op die munisipaliteit gedoen om aandag te gee aan ‘n reeks verstopte dreine wat verwoesting in wyk 4 saai.
Dreine wat oorloop met bottelgroen riool in Vygiestraat, Papawerstraat en Violet Crescent het ‘n gereelde verskynsel geword, wat die groter gemeenskap met ‘n deurdringende stank beïnvloed en plae soos vlieë en muskiete lok.


Stortings vloei af in paaie soos riviere en in aangrensende eiendomme. Verskeie huise het oorstromings gely, wat soos mere lyk met hul erwe heeltemal onder water. Riool stoot teen mure op, wat strukture en fondamente erodeer. ‘n Hut is ook met water verswelg, met besittings, insluitend ‘n matras, wat in afvalwater deurdrenk is. By ‘n ander huis was ‘n bedraam en matras soos ‘n vlot in die riool vasgevang. Wasgoedlyne is ook gestrand en stormwaterka- nale is met riool verstop.
Dit is onaanvaarbaar dat mense nie toegang tot hul huise en motors kan kry of selfs wasgoed kan ophang sonder om deur modder te waad nie.
Gemeenskapslede, saam met rolspelers, het die klagtes talle kere by die munisipaliteit aangemeld. 
In sommige gevalle het munisipale personeel uitgekom en selfs herstelwerk gedoen, net sodat die dreine verstop bly, of dat die verstopping ‘n kort tydjie later weer begin. 
In ander gevalle het die munisipaliteit sy gebrekkige aanmeldingstelsel blameer vir die feit dat rioolklagtes nie vasgelê en aandag gegee word nie.
 Intussen reik DKM gereeld persverklarings uit, waarin hulle die publiek maan om nie vreemde voorwerpe soos klippe, lappe en ander materiale in die mangate en rioolpype te gooi nie.
Tegniese spanne het hulle hande vol met mensgemaakte verstoppings, wat intussen onnodige druk op die stelsel plaas.