GEMSBOK-UPINGTON: Na afloop van die ter plaatse vergadering tussen rolspelers, wat die Suid-Afrikaanse Menseregte Kommisie en Afriforum Upington, insluit - vroeër vanjaar met die Dawid Kruiper Munisipaliteit se direkteur van siviele ingenieursdienste, mnr. Padwald Jonker, het alle rolspelers ooreengestem dat ‘n onafhanklike party genader sal word om die waterkwaliteit van die hele strook, tussen die Kalahari Mall en Hoërskool Duineveld in Malherbestraat, die water afvoer kanaal ,wat onder die treinbrug in Schröderstraat, te toets - en dat ‘n oplossing volgens die bevinding gesoek sal word.
Die verslag is die afgelope week deur Fritz Bekker, van Clean Stream Enviromental Services, bekendgestel.
Vorige stortings van onbehandelde munisipale rioolwater in hierdie seisoenale stroom het gelei tot reukoorlas en die persepsie dat die oorsprong van oppervlakvloei in hierdie stroom van ‘n gekompromitteerde rioollyn is.
‘n Terreinbesoek is op 21 Mei 2024 onder-neem.
Miljoene se sigarette afgevat
GEMSBOK-UPINGTON: Die SAPD in die ZFM-distrik gaan voort met pogings om die ruimte vir kriminele aktiwiteite te minimaliseer.
Lede van Upington Grenspolisie en K9-eenheid het op Vrydag, 14 Junie 2024 gereageer op inligting oor die beweerde verkoop van onwettige sigarette by een van die winkels in Upington.
Hulle het die inligting geoperasionaliseer en die winkel is vir inspeksie besoek.
Tydens inspeksie het hulle sigarette gevind wat in ‘n stoorkamer aan die agterkant van die perseel versteek was.
Die eienaar kon egter nie fakture vir die sigarette verskaf nie en daar is beslag gelê op 153 kartonne sigarette ter waarde van R 3 901 500.00.
WNNR doen strategiese omgewingsbeoordeling vir voorgestelde Boegoebaai-hawe, SEZ
GEMSBOK-SPRINGBOK: Die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad (WNNR) sê hy lei die strategiese omgewingsevaluering (SEA) wat onderneem word vir die Noord-Kaap se beplande groenwaterstofproduksiefasiliteite in ‘n voorgestelde nuwe spesiale ekonomiese sone (SEZ), sowel as ‘n hawe, by Boegoebaai.
Die ruimtelike area vir die SEA sluit die voorgestelde hawe en die gepaardgaande SEZ - aangrensend aan die hawe en die breër Namakwa-streek in.
‘n Plaaslike-skaal SEA-studie sal die volhoubaarheid van die voorgestelde hawe en SEZ-ontwikkeling in ‘n gebied, wat verband hou met die Noord-Kaapse groenwaterstofekonomie vir die Namakwa-gebied. afgebaken deur die plaaslike munisipaliteite Richtersveld, Nama Khoi, Kamiesberg en Khâi-Ma, van ongeveer 33 500 ha evalueer, terwyl ‘n streekskaal SEA-studie volhoubaarheidskwessies sal dek.
Die WNNR sê die SEA-proses sal ‘n holistiese benadering hê wat biofisiese en sosio-ekonomiese aspekte op ‘n strategiese vlak insluit.
Drie kinders sterf in verwoestende brand
GEMSBOK-SOEBATSFONTEIN: ’n Verwoestende brand by ’n woning in Soebatsfontein in die Namakwa-distrik het die naweek die lewens van drie kinders geëis.
Die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in Hondeklipbaai ondersoek tans die voorval.
Volgens provinsiale polisiewoordvoerder, kolonel Cherelle Ehlers, het die brand Saterdagoggend omstreeks 07:00 by die koshuis uitgebreek.
Binne die huis het ’n hartverskeurende toneel homself afgespeel.
Whilnique Theorize Adonis, Waylon Gaenor Adonis en Waylene Shamiela Adonis was in hul huisie toe ‘n brand ontstaan het.
Hulle het doodgebrand.
Stroper skuldig bevind
GEMSBOK-UPINGTON: Die ondersoekbeampte van Upington Veediefstal en Bedreigde Speserye-eenheid, ao Jacques Ockhuys, is geloof vir die uitstekende werk wat gelei het tot die skuldigbevinding aan onwettige jag.
Op 08 September 2018 is drie springbokke op ‘n plaas in die omgewing van Witdraai gestroop.
Die polisie het drie verdagtes vir die beweerde stropery gearresteer, en daar is beslag gelê op ‘n jaggeweer.
Die aanklagte teen die ander twee is teruggetrek.
Die beskuldigde, Jean Pierre van Schalkwyk (39), is op 31 Mei 2023 in die Upington-streekhof skuldig bevind op drie aanklagte.
Hy is gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf, die helfte opgeskort vir 5 jaar of R6000 boete vir diefstal, 3 jaar gevangenisstraf, die helfte opgeskort vir 5 jaar of R6000 boete vir die vervoer van wilde diere sonder ‘n permit en 12 maande gevangenisstraf, geheel en al opgeskort vir 5 jaar vir betreding.








