Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Storywood Inclusive Arts, ‘n nie-winsgewende maatskappy gebaseer in Kaapstad, wat toegewy is aan die skep van kunservarings vir gehore met komplekse behoeftes, bring ‘n interaktiewe teaterproduksie na Upington.
Die produksie, “Die Droë Tuin,”word volgende week, vanaf 20 tot 25 Oktober, hier op Upington  by Oasis Vaardigheidskool, opgevoer.
Een van die direkteure, Margo Wood, sê alle aspekte van  die produksie is rondom die spesifieke behoef- tes van die teikengehoor ontwerp.
“Ons glo dat gehore, dikwels gemarginaliseer deur gestremdheid, billike toegang tot kwaliteit kuns- ervarings moet hê en in ‘n veilige ruimte, wat rekening hou met hul spesifieke neurologiese, kognitiewe, sensoriese en fisiese behoeftes.”


Die Droë Tuin is ‘n sensoriese produksie vir gehore met verskillende uitdagings. Dit vind plaas in ‘n veilige ruimte met beheerde sensoriese insette. Speler-gehoor interaksie is direk in ‘n klein gehoor en aangepas vir elke deelnemer se uitdagings en reaksies.
Indien daar persone of instansies is wat die produksie wil bywoon, kan hulle Jeanne de Klerk kontak by 082 41 345 78. Dit is belangrik dat mense Jeanne skakel, omdat groepe ingedeel word volgens persone se spesifieke behoeftes.
Die produksie word aangebied deur Storywood Inclusive Arts wat reeds meer as 80 soortgelyke produksies in Kaapstad aangebied het. Dit is gedoen in samewerking met die Els Foundation for Autism en die Playhouse Theatre in Someset Wes.
* Margo Wood het ‘n meestersgraad in Kinderteater en ‘n Onderwysersdiploma in Spraak en Drama (LTCL). Sy is al jare lank betrokke by Kinderteater as regisseur, vervaardiger en akteur, en in Opvoedkundige Drama en Dans as onderwyseres en dosent. 
Margo het spesialisopleiding ontvang in die ontwerp van teater vir gehore met komplekse behoeftes en is tans ‘n PhD-kandidaat in hierdie werk. Sy is ‘n gekwalifiseerde Dans vir Parkinson-onderwyseres.