Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

School News
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

GEMSBOK-UPINGTON: Ter viering van Afrikaans se 100ste verjaarsdag, is die Redenaarsgroep van Hoërskool Duineveld op pad na Pretoria.
As een van die min Afrikaansmediumskole in die land, is Duineveld trots Afrikaans. ‘n Groep van 13 leerders en 3 onder-wysers vat op 7 Mei die pad na die Noorde om ‘n Redenaar Slypskool by die Voortrekker-monument by te woon. Dit word aangebied deur die Con Spirito Kunsvereniging. 
Die groep gaan tuis by ATKV-Buffelspoort.  Hulle gaan onder meer deur die oord stap om die natuurskoon, boomsoorte en voëlspesies daar te ervaar. 


Daarna vertrek hulle na die Universiteit Pretoria waar hulle die 100 ste bestaansjaar van Afrikaans gaan vier. Aktiwiteite sluit in: Gold Reef City en ondergrondse toer in goudmyn. (Erfenistoer). AFRIKAANS100 Konsert  en inwyding van museum:Affies.
Vrydag, 9 Mei 2025: Con Spirito Redenaar Slypskool in Transvaalkamer, Voortrekkermonument. Begeleide toer deur die Voortrekkermonument. Lesing oor die kanonne en afvuur van kanon, geborg deur Fruit and Vegiland Begeleide toer deur die Hatfield Kampus (UP).
Me. Sharlene Venter (vakhoof: Afrikaans), mev. Beatrix Venter en mnr. André Esterhuyse, wat ook as busbestuurder optree, vergesel die groep, wat bestaan uit graad 8 tot 11 leerders. Met hierdie toer vier leerders van  Hoërskool Duineveld Afrikaans se 100ste verjaarsdag en hul passie vir Afrikaans.