Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

GEMSBOK-TOPLINE: Die LUR van Onderwys in die Noord-Kaap, Zolile Monakali, het die Topline Intermediêre Skool in die ZF Mgcawu-distrik besoek, nadat die gemeenskap  die skool gesluit en leerders toegang tot die skool geweier het.
Hulle het die verskuiwing van hierdie skool in die gemeenskap geëis.
Ouers het geweier  dat hul kinders in “‘n onveilige hawe verkeer vir geleerdheid”. 
Daar word aangedring dat ‘n nuwe skool in die woonbuurt gebou word, sodat die leerders veilig kan wees en nie elke dag die lang roete in die 39grade son hoef deur te maak nie. 

Read more …Topline skool onveilig, sê ouers

GEMSBOK-UPINGTON: Oppitongaf is ‘n bekende nasionale platform wat aan skoliere die geleentheid bied om hul sprekervaardighede te ontwikkel.
  Daar word verskillende afdelings van openbare redevoering aangebied, naamlik verskillende tipes toesprake en spanredenaars.
Leerders kan in Engels en Afrikaans deelneem. In al die afdelings word provinsiale wenners aangewys, wat deurding na die nasionale finaal. Dit word gewoonlik by die Midstream College aangebied en is ‘n glansgeleentheid. 
Vorster Venter, die dinamiese mede-eienaar van Oppitongaf, het op 25 Januarie 2024 ‘n spanredenaarskursus by Hoërskool Duineveld aangebied. 

Read more …Spanredenaars opleiding vir leerders

GEMSBOK-UPINGTON: Die Noord-Kaap het die laaste posisie, uit al die provinsies ingeneem met ‘n 75,8% matriek slaagsyfer.
 Altesaam  183 642 antwoordstelle moes deur 930 nasieners, 82 hoofnasieners en 82 interne moderators by vier nasiensentrums in die provinsie nagesien word. 
Die kwaliteitsversekeraar, Umalusi, het die resultate  gesertifiseer.
Die Noord-Kaap het  13 032 voltydse kandidate vir die 2023 Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen geregistreer. 

Read more …So lyk die Noord-Kaap se 2023 matriek uitslae


Die klassie van die !Omama Inheemse Nama Kultuurskool het ook vandag begin. Die hoof, Maggie Aly sê sy en haar spannetjie is reg vir die nuwe skooljaar. By haar staan klein Liam Basson en Elvimicia Beukes.

Woensdag begin  al die skole in ons omgewing. Oral in die winkels is dit ‘n groot geskarrel om al die boeke en skryfbehoeftes aan te koop. Die Gemsbok wil graag foto’s plaas van leerders wat vandag vir die eerste keer skool toe gaan of  “groot” skool toe gaan. Foto’s kan ge-stuur word aan This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it. of This email address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it.

 

GEMSBOK-KATHU: ‘n Reeks boeiende ouerwerkswinkels is laat in 2023 gehou om ouers te lei in hul vorming van hul kinders se leerreis.
Deur ouers te bemagtig met kennis en praktiese vaardighede, is hierdie inisiatief ten doel om by te dra tot die holistiese groei van kinders in die Noord-Kaapse gemeenskappe van Kuruman, Kathu en Olifantshoek.
“Ek het baie uit die opleiding geleer en veral die belangrikheid van spel. Speel is baie belangrik vir ons kinders, want hulle leer deur binne en buite te speel, hulle doen meer ervaring op en speel-speel onthou hulle dinge. Die opleiding het ons ook gewys hoe om by ons kinders betrokke te raak by die huis, wat my gehelp het om my kind beter te leer ken,” het ouer Malebogo Baithei, een van die 54 deelnemende ouers, gesê.

Read more …Werkswinkel bemagtig ouers

More Articles …