GEMSBOK-UPINGTON: Die Masakhane Arts Centre het die afgelope week na Ghana vertrek - om Suid-Afrika by die Herritage of Africa Theatre Festival te verteenwoordig.
“Dit is vir ons ‘n besondere voorreg om die enigste groep te wees wat gekies was om Suid - Afrika te gaan verteenwoordig in een van die grootse kunstefeeeste in Ghana,” so vertel Elcardo Chulu, uitvoerende direkteur van MAC.
Die dinamiese kunstegroep gaan hulle beste kulturele dramastuk - genaamd Silence In The Dark - by die fees op die planke bring.
Miss ZFM Primary 2023
Meer as tien laerskole in die ZFM-streek het verlede Saterdag deelgeneem aan die “Miss ZFM Primary” skoonheidskompetisie wat plaasgevind het in die Tol Speelman-gemeenskapsentrum. By hierdie glansryke geleentheid is die beoordeling in die grondslagfase, intermedièr en seniorfases gedoen.
Miss ZFM Primary 2023
Meer as tien laerskole in die ZFM-streek het verlede Saterdag deelgeneem aan die “Miss ZFM Primary” skoonheidskompetisie wat plaasgevind het in die Tol Speelman-gemeenskapsentrum. By hierdie glansryke geleentheid is die beoordeling in die grondslagfase, intermedièr en seniorfases gedoen.
Leerders word só bemagtig
GEMSBOK-POFADDER: In ‘n poging om vaardighede in Wiskunde, Wetenskap, Tegnologie en Engels (STEM) te ontwikkel en leerderopname te stimuleer, word opvoeders van drie plaaslike skole in die Khai Ma-area toegerus met gespesialiseerde onderrigvaardighede.
As ‘n kritieke eerste stap in die stimulering van ‘n verhoogde opname van STEM-vakke onder hul leerders tot en met matriek, is hierdie inisiatief ontwerp om leerders se fundamentele vaardighede te verbeter en hulle gereed te maak vir toekomstige STEM-loopbane.
‘n Huldeblyk aan ‘n merkwaardige juffrou
GEMSBOK-UPINGTON: Juffrou Madelein May van Hoërskool Upington, is verlede week skielik oorlede.
Haar troosdiens was die naweek, in die saal van die skool waar sy 32 jaar gelede, begin klasgee het as Afrikaanse onderwyseres.
Na die diens het kollegas en vriende huldeblyke aan Madelein voorgelees. Lesley Swart het vertel dat Madelein altyd die klasse waarin sy gewerk het, met helder kleure geverf het. Wanneer sy dan weer, na ‘n paar jaar, na ‘n ander klas moes verskuif, is die kleur weer toegeverf met ‘n vervelige beige kleur van al die klasse. Maar wanneer die son op die mure skyn, kom die kleure – oranje, blou of geel, subtiel deur – en dis die nagedagtenis van Madeleine.