Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG Die polisie se stryd teen die dwelmhandel in die Bojanala Platinum Distrik is besig om momentum te kry nadat nog drie verdagtes die afgelope naweek in onderskeidelik Rustenburg en Sun City weens die besit van 'n verskeidenheid gevaarlike dwelms gearresteer is. 
Só het sersant Ofentse Mokgadi - woordvoerder van die polisie in Bojanala Sub-distrik 2 vandeesweek aan Rustenburg Herald gesê. 


Die polisie se honde-eenheid van Phokeng het op Vrydag, 9 Februarie in 'n spesiale operasie toegeslaan op 'n blok woonstelle in Boomstraat Rustenburg waar 'n veertigjare Nigeriese burger en 'n 23-jarige vrou in verskillende woonsteleenhede weens die besit van 'n aansienlike hoeveelheid "Crystal Meth, "Mandrax" tablette, "Rock/Crack" en "Cat" betrap is. Die dwelmvonds het 'n gesamentlike waarde van ongeveer R20 000 het sersant Mokgadi gesê. Die twee verdagtes het reeds Maandag, 12 Februarie, in die Rustenburgse Landdroshof verskyn. 
In 'n tweede voorval op Sondag, 11 Februarie, het die polisie in Sun City nadat hulle op 'n wenk van die gemeenskap gereageer het, 'n 52-jarige vrou van Ledig net buite Sun City weens handel in Nyaope aangekeer. Die vrou is met 'n talle klein pakkies vooraf-verpakte Nyaope met 'n straatwaarde van R3 000 asook 'n groot bedrag in kontant betrap - waarskynlik die opbrengs van dwelmhandel, aldus sersant Mokgadi. Dié vrou het ook Maandag vandeesweek in die Mogwase Landdroshof verskyn. 
The waarnemende bevelvoerder van die polisie in die Bojanala Platinum Sub-distrik 2 gebied, brigadier Mamotsamai Ntoagae het die polisielede wat aan die operasie deelgeneem het gelukgewens met hul deurbrake oor die afgelope twee weke en het ook die gemeenskap bedank vir hul ondersteuning van die polisie se moeilike taak in die stryd teen dwelms.