Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Suid-Afrikaners slaak 'n sug van verligting na 'n aankondiging in die Government Gazette 50418, op 28 March 2024. 
Die South African National Roads Agency (SANRAL) het bekend gemaak dat die e-tolsisteem gestaak word om middernag op 11 April. Dit sal dus die laaste dag wees dat e-tolfakture op die standaardsisteem verwerk sal word. 
SANRAL-rekeninghouers sal daarom voorts nie verantwoordelik gehou word vir e-tolfooie wat na die aangekondigde datum gelas word nie, selfs al beweeg hul onderdeur die strukture. Geen aksie word verlang van die publiek nie, aangesien die proses outomaties opgedateer sal word.

Alle SANRAL-rekeninge en -skyfies ("tags") sal geldig bly en kan nog steeds deur gebruikers by enige tolplasa getoon word vir verwerking en betaling. Gebruikers wat ook van skyfies gebruik maak as betalingsmetode vir parkering, sal steeds dié proses kan volg - indien dié spesifieke diens gespesifiseer is. 
SANRAL-rekeninge sal steeds aktief bly en verwerk word vir solank as die rekening met die nodige fondse gelaai is gereeld aangevul word. Dit is belangrik om kennis te neem dat alle transaksies wat voor 12 April plaasvind, nog steeds betaal moet word. 
SANRAL het nog geen inligiting ontvang van die implementeringsoutoriteit aangaande terugbetaling en/of vervolging van uitstaande e-tolfooie nie. Slegs wanneer dié instruksies bekend gemaak word, sal gebruikers aangaande die proses ingelig word. 
Die e-tolstrukture sal steeds staande bly en die ligte en kameras sal in werkende toestande gehou word, met die oog op verkseie padveiligheidsveldtogte, maar die kenmerkende "biep" van die e-tolskyfie sal binnekort iets van die verlede wees.