Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - RUSTENBURG - Op 5 Oktober is Wêreld-Onderwysersdag gevier en die Suid-Afrikaanse Onderwysers Unie (SAOU) het die besluit geneem om die hele Oktober aan die viering van Suid-Afrikaanse onderwysers te wy. 
In hedendaagse tye waar onderwysers aan emosionele uitputting lei en in groot getalle uit die onderwyserstelsel tree, neem internasionale instansies soos Unesco kennis van toenemende tekorte aan onderwysers.

Volgens navorsing is daar tans ‘n wêreldwye tekort van 44 miljoen onderwysers wat basiese onderwysfunksies kan verrig.
In Suid-Afrika word dieselfde probleem ervaar. Die voorgestelde Vervroegde Aftrede Program wat onderwysers tussen die ouderdomme van 55 en 59 die geleentheid bied om uit die onderwysstelsel te beweeg, maak hierdie probleem groter. In Suid-Afrika is daar vooruitskouings dat ons in die volgende 15 jaar grootskaalse onderwystekorte sal begin ervaar.
Unesco het onder meer in hulle Feitestel vir 2025 aangedui dat die aantal opgeleide laerskoolonderwysers van 85% tot 69% en hoërskoolonderwysers van 79% tot 59% in Sub-Sahara Afrika in die afgelope 25 jaar verminder het.
Afrika het sedert 2000 nuwe programme geïmplementeer wat die fokus op voorskoolse onderwys geplaas het, met ‘n geskatte behoefte aan ‘n addisionele 6 miljoen voorskoolse onderwysers wêreldwyd (Unesco, 2025). Die aantal onderwysers wat onderwys as beroep verlaat, emigreer of verkies om in ander lande te onderrig, dra by tot hierdie uitdaging. Daarom is die behoud van gelukkige, gesonde en ervare onderwysers veral in Suid-Afrika ‘n kernfokus.
‘n Verdere faktor wat deur Unesco aangehaal word, is dat onderwysers ‘n gebrek aan ondersteuning ervaar, wat lei tot professionele isolasie. 
Dit is daarom belangrik om daarop te wys dat onderwys ‘n beroep is waarin verhoudings (met die gemeenskap, die ouers, die skoolbestuurspan, beheerliggaam en met kinders) sentraal staan. 
Onderwysers is nie geskape om in isolasie te funksioneer nie, maar om ‘n diens te lewer en ook deur die gemeenskap ondersteun te word. Onderwys is ‘n hartstaak, en die SAOU doen daarom ‘n beroep op gemeenskappe om hulle onderwysers te ondersteun en om dié wat goed doen die nodige erkenning en aanmoediging te gee, sodat die werksomstandighede van onderwysers wesenlik kan verbeter.