Fields marked with an asterisk (*) are required.
Name *
Username *
Password *
Verify password *
Email *
Verify email *

Latest news
Typography
  • Smaller Small Medium Big Bigger
  • Default Helvetica Segoe Georgia Times

RUSTENBURG HERALD - SWARTRUGGENS - Die Demokratiese Alliansie (DA) in Kgetlengrivier het 'n petisie aan die Departement van Gesondheid in die Noordwes-provinsie voorgelê. 
Die petisie is deur provinsiale parlementslid, Hendriëtte van Huysteen, oorhandig met die versoek om die Swartruggens Gesondheidsentrum in 'n volwaardige hospitaal te omskep.  Die petisie is ook deur die DA aan Kgetlengrivier-raadslede voorgelê met die doel om ander partye te oortuig om dié stap te ondersteun deur hul verteenwoordigers in die gesonheidsektor te vra om die saak te prioritiseer. Die sentrum benodig slegs 'n paar bykomstige beddens en personeel om die bestaande fasiliteite tot op die gebruiksvlak te bring van 'n volwaardige hospitaal. 

Die Swartruggens Gesondheidsentrum is deesdae onder geweldige druk nadat die Borolelo Kliniek sowel as klinieke in Phela en Tlokweng gesluit is. Gevolglik het inwoners slegs beperkte toegang to primêre gesonheidsorg. Sou die Borolelo Kliniek weer heropen word, sal daar noemenswaardige verligting wees vir pasiënte wat dan mediese versorging nader aan hul huise sou kon kry. 
Huidiglik word menige pasiënte verwys na Job Shimankana Tabane Hospitaal in Rustenburg, omdat daar nie genoeg opgeleide personeel in Swartruggens is nie en weens wetlike beperkings op die status van die gesondheidsentrum. Dit is beide onprakties en onregverdig teenoor pasiënte wat veronderstel is om plaaslike mediese versorging te ontvang. 
Die opgradering van die Swartruggens Gesonheidsentrum en die heropening van die Borolelo Kliniek sal die volgende positiewe uitwerkings hê: die druk op JST sal verlig word, die toegang tot gesonheidsorg vir inwoners van Kgetlengrivier en Moses Kotane sal drasties verhoog en die waardigheid van gemeenskappe wat vir lank sonder die nodige mediese dienste was, sal herstel. 
Die DA het die departement gevra om die saak te ondersoek met die nodige haas, aangesien die inwoners van Kgetlengrivier en Moses Kotane nie langer kan wag vir kwaliteit en toeganklike gesondheidsorg nie.